Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harris, Dr. Frederick Rutherfoord
Harris, Dr. Frederick Rutherfoord [boodskap #122096] Sa, 15 Desember 2018 17:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Frederick Rutherfoord Harris was die eerste sekretaris van die British South Africa Company (Chartered Company 1888). In 1856 in Engeland gebore. Studeer in die medisyne aan Edinburgh en kom in 1882 na Suid-Afrika. Word vriend en vertroulike agent van Cecil John Rhodes. Word in 1894 parlementslid vir Kimberley en is ten spyte van medepligtigheid aan die voorbereidings vir die Jameson-inval in 1898 herkies. Hy was leier van die Kaapse Progressiewe Party, maar tree af en vestig hom in Wallis waar hy op 1 September 1920 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Harris, Kolonel Sir David
Volgende onderwerp: Harris, Lord (George Robert Canning)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:57:57 MGT 2024