Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harris, Kolonel Sir David
Harris, Kolonel Sir David [boodskap #122095] Sa, 15 Desember 2018 17:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Sir David Harris was 'n Suid-Afrikaanse diamantmagnaat, soldaat en wetgewer. Op 12 Julie 1852 in Londen gebore en emigreer na die Kaap in 1871. Van Durban af stap hy 'n afstand van ongeveer 600 myl na Kimberley en begin werk as 'n delwer. Binne 2 jaar was hy welvarend en wen hy die vriendskap van Cecil John Rhodes - 'n vriendskap wat baie jare lank duur. Harris se loopbaan as soldaat begin in 1876 toe hy aansluit by die Du Toit's Pan Horse Regiment en in die Gaika-Galeka-oorlog in Oos-Kaapland veg. Daarop volg verskeie ander veldtogte teen die naturelle. In die Langebergveldtog onderskei hy homself en word luitenant-kolonel. In 1897 word hy lid van die Kaapse parlement met die dood van familielid, Barney Barnato. Hy behou sy setel 32 jaar lank en dwing respek af, veral met sy groot kennis van die diamantbedryf. In 1897 word hy 'n direkteur van die De Beer's Consolidated Mines, 'n amp wat hy tot 1931 beklee toe hy aftree. Hy was in bevel van die Tuiswag tydens die beleg van Kimberley en is eervol vermeld. Oorlede in 1942.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Harpuisbossie
Volgende onderwerp: Harris, Dr. Frederick Rutherfoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 12:34:41 MGT 2024