Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Harding, Walter
Harding, Walter [boodskap #122091] Sa, 15 Desember 2018 12:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Walter Harding was die eerste Hoofregter van Natal. In 1813 gebore en in 1829 as klerk van 'n Onderregter in die Kaap aangestel. Beklee verskeie ampte en in 1836 stel hy 'n kortbegrip op van die verslae van die Hooggeregshof se kriminele verhore wat terug dateer tot 1736, as 'n opheldering van die Romeins-Hollandse reg. Die volgende jaar versamel en publiseer hy die wette wat in die Kaapkolonie van krag was. Nadat hy vrederegter op Swellendam was, word hy kroonvervolger in Natal in 1846. As luitenant-kolonel roep hy die Volunteer Yeomanry Cavalry Corps in die lewe. In 1856 word hy griffier van Natal en in 1858 die eerste Hoofregter van Natal. Oorlede op 19 April 1874.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Harding
Volgende onderwerp: Haring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:29:31 MGT 2024