Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Koffiekoekies
Koffiekoekies [boodskap #26] So, 20 Mei 2018 09:08
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
KOFFIEKOEKIES

15 ml kitskoffiepoeier (1 e)
15 ml kookwater (1 e)
275 g bruismeel (2 k)
230 g botter of margarien (1 k)
100 g suiker (1/2 k)
2 ml sout (1/2 t)

Verhit die oond tot 180 C. Smeer twee of meer bakplate. Los die koffiepoeier in die kookwater op en laat dit afkoel. Meng die bruismeel, botter of margarien, suiker, sout en koffie baie goed saam om 'n sagte deeg te vorm. Verkil die deeg 'n rukkie indien dit te sag is. Rol die deeg in albaster-grootte bolletjies en plaas dit effens uitmekaar op die bakplate. Druk dit plat met `n vurk wat in water gedoop is. Bak die koekies ongeveer 15 minute lank tot gaar en ligbruin. Laat dit op 'n draadrak afkoel.

Lewer 70 koekies.
Vorige onderwerp: Hoenderlewertjiesmeer met sampioene
Volgende onderwerp: Sjokoladevierkante
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 01:31:37 MGT 2024