Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Amsterdam
Amsterdam [boodskap #120974] So, 11 November 2018 16:25 na volgende boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Amsterdam is 'n dorp in Oos-Transvaal aan die riviere Ithole en Ghobosch. Die dorp lê 70 km van Ermelo en 16 km van die grens met Swaziland. Die grenspos staan as Nerston bekend.

Die gebied is in 1864 deur die Skot, Alexander McCorkindale, as 'n republiek gestig en "New Scotland" genoem (deel van 'n immigrasieskema vir Skotte). Die dorp is in 1881 gestig deur Roburnia Township Co. (in ’n nedersetting van Skotte en Engelse) wat dit Roburnia (na die Skotse digter Robert Burns) genoem het. In 1898 neem die Z.A.R. die dorp oor en vernoem dit Amsterdam vanweë die baie watervore wat langs die strate loop, waarvoor die dorp ook bekend is. Die plek staan egter nog in die omgewing as "New Scotland" bekend. Die vernaamste bedrywe is bosbou en gemengde boerdery. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,244 (992 Blankes).

Bronne:
1. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
2. Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Re: Amsterdam [boodskap #125155 is 'n antwoord op boodskap #120974] So, 17 Maart 2019 07:56 Na vorige boodskap
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Uitsig oor Amsterdam.
Uitsig oor Amsterdam.

Amsterdam is die hoofstad (maar nie regeringsetel nie) en grootste stad van Nederland; deur groot kanale met die see verbind en ná Rotterdam grootste Nederlandse seehawe; tewens belangrike sentrum van skeepsbou, handel en bankwese; veral bekend om diamantslypery; ook suikerraffinadery, drukkers- en kleurstofbedryf. Amsterdam is gebou op 96 eilande in die provinsie Noord-Holland, aan die mond van die Amstel en die IJ, met 300 brugge oor talryke gragte. Patrisiërshuise in die skilderagtige ou stadswyk is op ingeheide pale gebou. "Amstelodamum" word eers in 1275 vermeld as ’n dorp, maar het einde van die 16de eeu een van die magtigste handelstede in Europa geword. Amsterdam besit twee universiteite: die Gemeentelike en die Vrye (Calvinisties) universiteit.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Amundsen, Roald
Volgende onderwerp: Anabasis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 21:59:54 MGT 2024