Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Slim meisiekind sit ateïs op sy plek
Slim meisiekind sit ateïs op sy plek [boodskap #120874] Wo, 07 November 2018 04:57 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Ateïs sit langs 'n meisie op 'n vliegtuig. Hy draai na haar en vra: "Wil jy gesels? Die vlug sal vinniger verbygaan as jy gesprekke met jou mede-passasiers aanknoop."

Die klein dogtertjie, wat pas haar boek begin lees het, antwoord die vreemdeling: "Waaroor wil jy praat?"

"O, ek weet nie," sê die ateïs. "Ons kan praat oor hoekom daar nie 'n God is nie, of geen Hemel of Hel nie, of geen lewe na die dood nie", terwyl hy vriendelik vir haar glimlag.

"Goed," sê sy. "Dit kan interessante onderwerpe wees, maar laat my eers toe om vir jou 'n vraag te vra. 'n Perd, 'n koei en 'n takbok eet almal dieselfde gras. Tog poef 'n takbok klein balletjies (pellets), terwyl 'n koei 'n plat koek (patty) bou, maar 'n perd klompe (kluite) uitskei. Hoekom dink jy is dit?"

Die ateïs, sigbaar verras deur die dogtertjie se intelligensie, dink daaroor en sê: "Mmm, ek het geen idee nie!"

Die dogtertjie antwoord: "Voel jy regtig gekwalifiseer om jou oor God, Hemel en Hel, of lewe na dood uit te spreek? Jy kan dan nie eers oor str*nt praat nie."

Sy vat toe haar boek om verder te lees.
Re: Slim meisiekind sit ateïs op sy plek [boodskap #120875 is 'n antwoord op boodskap #120874] Do, 08 November 2018 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Eendag sit 'n 6-jarige meisie in 'n skoolklas. Die onderwyser was besig om evolusie aan die leerlinge te verduidelik.

Die onderwyser vra 'n seun: "Tommie, sien jy 'n boom daarbuite?"
Tommie: "Ja, juffrou."
Onderwyser: "Tommie, sien jy die gras daarbuite?"
Tommie: "Ja."
Onderwyser: "Gaan buitentoe ek kyk of jy die hemelruim kan sien."
Tommie: "Reg so," (hy kom 'n paar minute later terug) "...ek sien die hemelruim."
Onderwyser: "Het jy God gesien?"
Tommie: "Nee."
Onderwyser: "Dis my punt. Ons kan nie God sien nie, wamt hy is nie daar nie. Daar is nie 'n God nie."

Die meisie vra of sy ook vir die seun 'n paar vrae mag vra: "Tommie, sien jy 'n boom daarbuite?"
Tommie: "Ja."
Meisie: "Tommie, sien jy gras daarbuite?"
Tommie: "Ja!" (hy raak nou effens geïrriteerd met die ondervraging)
Meisie: "Sien jy die hemelruim?"
Tommie: "Ja, man!"
Meisie: "Sien jy die onderwyser?"
Tommie: "Natuurlik, wat is jou punt."
Meisie: "Sien jy haar brein?"
Tommie: "Nee!"
Meisie: "Dus, volgens wat ons dan vandag geleer het, het sy nie een nie."
Re: Slim meisiekind sit ateïs op sy plek [boodskap #120879 is 'n antwoord op boodskap #120875] Vr, 09 November 2018 16:34 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Ateïs kla by sy Christen vriend:

"Christene het spesiale vakansiedae soos Kersfees, Paasfees, Goeie Vrydag, ens. Jode het hul godsdienstige vakansiedae soos Jom Kippoer en Paasfees, en die Moslems vier Ramadan. Trouens, bykans elke godsdiens het sy eie vakansiedae, maar ons ateïste het geen vakansiedae nie. Dis onregverdig! Dis diskriminasie!"

Die Christen vra sy vriend: "Hoekom sê jy dat ateïste geen vakansiedae het nie? Ons het tog al jare lank 'n spesiale dag net vir julle!"

"Waarvan praat jy?", het die ateïs teruggekap. "Wanneer was daar al ooit 'n spesiale dag vir ateïste?"

Sy vriend antwoord: "Ou maat, dis elke liewe 1 April (gekkedag)."
Vorige onderwerp: Psalm 23
Volgende onderwerp: Die Bybel op rekenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:30:53 MGT 2024