Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Wandellied (As ek moeg word vir die lewe in die stad...)
Wandellied [boodskap #120869] Ma, 05 November 2018 06:47
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/52/0/Daar is niks lekkerder as om die natuur vanaf 'n voetslaanpad te besigtig nie. Maak jou keel skoon en sing hardop...

Die wandellied

As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad;
As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad;
in die veld pluk ek 'n wandelstaf van die naaste doringboompie af,
en sing my wandellied, en sing my wandellied.

Of ek luister na my eie voeteval op pad oor berg en dal.
Of ek luister na my eie voeteval op pad oor berg en dal.
Dan's ek weer die eensaam wandelaar na die lekker landstreek wie-weet-waar,
'n swerwer lewenslank, 'n swerwer lewenslank.

En die blou plafon wat oor die velde strek sal saans my sluimer dek.
En die blou plafon wat oor die velde strek sal saans my sluimer dek.
En die sterreheer sal kom en gaan oor die maanverligte hemelbaan
en vriend'lik wink van ver, en vriend'lik wink van ver.


Woorde: EITEMAL
Musiek: "Lippe Detmold, eine wunderschöne Stadt", volksliedjie;
Verwerk: CHRIS LAMPRECHT
Vorige onderwerp: Leeuloop
Volgende onderwerp: F*k lied 18: Groen is die land van Natal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 22:54:11 MGT 2024