Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Stroom Afrikaanse TV-programme
Stroom Afrikaanse TV-programme [boodskap #120843] Vr, 26 Oktober 2018 06:43
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Baie mense stroom deesdae TV-sepies en rolprente oor die internet vanaf 'n inhoudverskaffer soos NetFlix, Hulu en Amazon Prime. Ongelukkig bied nie een van hierdie maatskappye Afrikaanse programme nie. Mens wil tog so af en toe iets in jou eie taal ook kyk. Dit behoefte daarna is selfs groter in die buiteland, waar talle Afrikaners nie toegang tot DStv en die SAUK se gebrekkige Afrikaanse programme (soos 7de Laan) het nie. So, wat is die oplossing?

JouAfrikaans

JouAfrikaans (JA) is 'n platform vir Afrikaanse filmmakers om hulle films, reekse, dokumentêre, kortfilms en ander vermaaklikheidsidees te wys. Hulle pryse is billik en die katalogus redelik omvattend. Sluit aan by https://www.jouafrikaans.co.za/

ShowMax:

ShowMax het 'n aansienlike hoeveelheid internasionale en plaaslike inhoud, insluitend talle Afrikaanse programme wat op hulle platform beskikbaar is. 'n Lys van hul Afrikaanse programme is beskikbaar by https://www.showmax.com/eng/browse?audio_language=afr

RoepTV

RoepTV is 'n Afrikaanse Christelike aanlyn of digitale TV-kanaal. Besoek hulle by https://roeptv.com/

Laat asb weet as jy van enige ander weet.
Vorige onderwerp: Koöperasiestories
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 06:51:19 MGT 2024