Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Verlange" deur Toon van den Heever
"Verlange" deur Toon van den Heever [boodskap #120838] Di, 23 Oktober 2018 06:18
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/46/0/VERLANGE
Toon van den Heever

Die son daal in glorie; basuine
Steek op in die hemel van kleur
En knetter oor rotse en duine,
Wat die troos van sy taptoe verbeur;
Die klowe word pers en die hange,
Die bergtoppe bloos in hul' prag;
Die wind blus die gloed en maak gange
Van groen en smarag.

Maar gee my 'n dag op die Hoëveld,
Waar 'n wilkerboom druip oor 'n voor,
Waar die rooi vesels spoel in die water
En die vinkneste wiegel daaroor.
Ek wil douspore trap op die kweekvlak,
Ek wil groen sien en skoon asemhaal;
Ek is sat van die dal van Giloam,
Waar net knoetsige boom'graamtes praal.


*Taptoe verwys na die "aandsinjaal" (laaste taptoe) wat op 'n trompet uitbasuin word. Dit word o.a. by begrafnisse gespeel.
*Wilkerboom, waarskynlik die Safsaf-wilger of Fluitjieswilger (Salix mucronata), die enigste inheemse wilgerboom in Suider-Afrika.
*Die Dal van Giloam moet een of ander droë en dorre plek wees (dit klink amper Bybels).
Vorige onderwerp: Afrikaanse gedig in Engels, seblief
Volgende onderwerp: "Die Sterre" deur C.M. Van den Heever
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:57:59 MGT 2024