Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nou gaan ons braai!
Nou gaan ons braai! [boodskap #120793] Ma, 24 September 2018 06:05
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
/fa/34/0/Ek hoop almal van julle gaan vandag soos bekeerde vegetariërs vleis by 'n braai nuttig. As jy nie na 'n braai genooi is nie, maak jou eie vuurtjie en nooi iemand oor. Selfs 'n braaitjie op jou eie kan besonder terapeuties wees.

So bietjie geskiedenis:

Vandag is Nasionale Erfenisdag, 'n publieke vakansiedag wat jaarliks op 24 September in Suid-Afrika gevier word. Voor 1994 was dié dag as Shakadag bekend, waartydens Zoeloes hulle koning herdenk het. Ná demokrasie-wording is dit omskep in 'n dag waarop alle kulture hulle eie erfenis kan herdenk. Dit het egter gou as Braaidag bekend geraak.

Braaidag is vir die eerste keer in 2005 deur die Mzansi Braai-instituut georganiseer, en vanaf 2008 is dit deur Jan Braai onder die vaandel van Braai vir Erfenis (Braai4Heritage), 'n nie-winsbejag inisiatief, bemark. Op 5 September 2007 is aartsbiskop Desmond Tutu as die "beskermheer" van die dag aangestel. Die inisiatief het selfs in 2008 die amptelike goedkeuring van Suid-Afrika se Nasionale Erfenisraad ontvang.

Alle Suid-Afrikaners wêreldwyd word aangemoedig om op die dag hulle vure aan te steek en iets te rooster. Die dag gedenk Suid-Afrika sy ryk erfenis en sy unieke tydverdryf, die braai. Mense van alle demografiese groepe en godsdienste neem hieraan deel.

Nou gaan ons braai!
  • Aanhangsel: braai.jpg
    (Grootte: 46.12KB, 769 kere afgelaai)
Vorige onderwerp: Dagga nou wettig
Volgende onderwerp: Grondonteiening: al weer, nog steeds, of dié keer vir seker?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:33:11 MGT 2024