Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans
Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #9730] Vr, 06 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
AFRIKAANSE WIEGELIEDJIE

Lamtietie, damtietie,
doedoe my liefstetjie,
moederhartrowertjie,
dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie,
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
"Doe-doe-doe bladertjies, slapenstyd nadertjies.
Doe-doe-doe blommetjies, nag is aan't kommetjies,"
so sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.


Woorde deur C.J. Langenhoven.
Musiek deur Emiel Hullebroeck ( verw. Dirkie de Villiers.)

wiegeliedjie: little cradle song (wieg: cradle)
lamtietie, damtietie: no meaning in present Afrikaans.
Might have come down from ancient Germanic
dialects, or be a creation of Langenhoven himself.
Would be interesting to know if the words
exist in Dutch or German.
doe-doe : command to go to sleep. There is probably
French influence here: "Aller au dodo": go to
bed; "ton petit dodo": your nice little bed.
Cajun "fais do-do": said by Cajun women at
dances to hurry the baby to go to sleep so that
they can go back and dance. Also name for a
Cajun dance.
liefste: beloved liefstes/ liefstetjie, liefie
moederhartrower: burglar of the heart of a mother.
dierbaarste: most treasured
dief: thief diewe/ diefie,
luister hoe fluister: listen how (the wind) whispers
deur die boompietjie: through the little tree
boom/bome/boompie;boompietjie
heen en weer wieg hy hom : to and fro he rocks himself
al oor die stroompietjie: over the little stream
stroom/strome/ stroompie;stroompietjie
bladertjies: old form of "blaartjies": little leaves
slapenstyd: sleeping time
nadertjies: comes gently nearer.
blommetjies: little flowers
nag is aan't kommetjies: night is gently coming

The words of this song are perfect illustrations of the
extra-ordinary flexibility that a language can achieve
when it emancipates itself from the rules and habits
of the older languages from which it is descended.
This freedom is particularly noticeable in Afrikaans
diminutives. Not only is there a choice (blom: blompie,
blommetjie), but there is also the freedom to go further
and play around with the diminutive: " die lieflike ou
blommetjietjie." In the above song, Langenhoven even
makes a diminutive of the verb "om te nader" (to come
nearer) and "kom" (nag is aan't kommetjies.) The same
playfulness is also in evidence in the diminutive forms
of names: Izak becomes "Sakkie" and can easily become
"Sakkietjie." When Izak hears somebody calling him
"Sakkietjietjie" then he must be on the alert: somebody
is either pulling his leg or he is being softened up by
somebody who is trying to get him to do something.

Gloudina Bouwer.
Re: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #9763 is 'n antwoord op boodskap #9730] Vr, 13 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Gloudina,

> The words of this song are perfect illustrations of the
> extra-ordinary flexibility that a language can achieve
> when it emancipates itself from the rules and habits
> of the older languages from which it is descended.
> This freedom is particularly noticeable in Afrikaans
> diminutives. Not only is there a choice (blom: blompie,
> blommetjie), but there is also the freedom to go further
> and play around with the diminutive: " die lieflike ou
> blommetjietjie." In the above song, Langenhoven even
> makes a diminutive of the verb "om te nader" (to come
> nearer) and "kom" (nag is aan't kommetjies.) The same
> playfulness is also in evidence in the diminutive forms
> of names: Izak becomes "Sakkie" and can easily become
> "Sakkietjie." When Izak hears somebody calling him
> "Sakkietjietjie" then he must be on the alert: somebody
> is either pulling his leg or he is being softened up by
> somebody who is trying to get him to do something.
>
> Gloudina Bouwer.

Ek weet nie. Jy kry soortgelyke konstruksies in Demotiese Grieks - een van
die oudste lewende tale (Toynbee verklaar dat Demotiese Grieks nader is aan
klassieke Grieks as moderne Engels aan Chauser s'n).

Jy kry byvoorbeeld:

Kore - meisie; koritsi - meisietjei; koritsaiki - meisietjietjie.

Stavros - kruis (mansnaam); Stavritsi - verklein; Stavritsaiki - weer
verklein.

Stavroula - kruis (vroulike vorm, met verkleinende konnotasie);
Stavroulitsa (weer verklein); Stavroulitsaiki (nogmaals verklein)

Die konnotasies is identies aan die van Sakkie, Sakkietjie. 'n Ma sal
bevoorbeeld vertederd verwys na "Stavritsaiki mou" - soos in "My
Sakkietjie".

Groete, Leendert
Re: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #9764 is 'n antwoord op boodskap #9763] Vr, 13 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...

Gloudina skryf (oor Afrikaanse wiegeliedjie)

> The words of this song are perfect illustrations of the
> extra-ordinary flexibility that a language can achieve
> when it emancipates itself from the rules and habits
> of the older languages from which it is descended.

Gloudina, wat 'n verbasende sin het jy nie getik nie!

Sou dit ook van toepassing wees as ek die reels en
gewoontes van Afrikaans self afskud en daardeur
Afrikaans vernu? Is die produk "Nuwe Afrikaans" steeds
Afrikaans of het dit 'n ander taal geword? 'n Taal is tog
nie net een mens se besitting nie? Dit hang tog alles af
hoe al sy sprekers hierdie vernuwing aanvaar. En hulle
aanvaarding hang weer af van hulle skepping(s)kragtigheid.
En dit weer hang van die taal af! wat 'n skynbare bose
kringloop.

Dink net aan die woord woord "skeppingkragtigheid". Die
veel korter woord "skepheid" (creativity) behoort presies
dieselfde te sê, maar die woord bestaan nie. Dit asof ons
die lang woord "skeppingkragtigheid" verkies omdat dit
meer woordoorbedondering is.

"Skep" bring my by "-skap" wat daarmee verband hou, soos
in wetenskap, christenskap, Afrikanerskap, ensovoorts. Die
Engelse woord "humaneness" in Afrikaans is
"medemenslikheid". Het ons nie hier weer met
woordoorbedondering te doen nie? Die woord "mensskap"
behoort presies dieselfde te sê, maar bestaan ook nie.

Wanneer is woordoorbedondering 'n goeie ding of nie? Is dit
'n goeie ding in "skeppingkragtigheid", of sou "skepheid" beter
werk?

In die wiegelied wat jy vir ons getik het (nogmaals baie dankie)
kom woordoorbedondering ook voor in "boompietjie" en
"stroompietjie". So 'n veelvuldige verkleining is, eienaardig
genoeg, nie woordoorbedondering nie, juis as gevolg van
die verkleinsaak daarvan. Kan julle dalk aan ander gevalle
sa nte verkleining dink waar woordoorbedondering nie saak
maak nie?
Re: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #9777 is 'n antwoord op boodskap #9763] Ma, 16 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: > Haai Gloudina,

>
> Stavroula - kruis (vroulike vorm, met verkleinende konnotasie);
> Stavroulitsa (weer verklein); Stavroulitsaiki (nogmaals verklein)
>
> Die konnotasies is identies aan die van Sakkie, Sakkietjie. 'n Ma sal
> bevoorbeeld vertederd verwys na "Stavritsaiki mou" - soos in "My
> Sakkietjie".
>
> Groete, Leendert
>

Dankie Leendert, dat jy my 'n bietjie gewys het
waar Dawid die wortels gegrawe het. (Idioom se
wortels is in Nama. Davieb: wortel.) Dit wys ook
net weer hoe loslit sommige van daardie ou tale
was en hulle moderne nasate nog is. ('n Mens
vergeet nooit hoeveel vreugde jy ondervind het
toe jy kortstondig Grieks probeer leer het en die
woord vir "sleg" as 'n goeie woord in jou eie taal
erken het!) Ek neem aan dat 'n mens nie so wild
kan rondspeel in veral Hoog-Hollands en Engels
nie, maar dat dit miskien tog moontlik is in die
dialekte van hierdie tale.
At, ek dink darem nie een persoon kan sommer
so op sy eentjie dinge uitgooi en nuwe reëls maak nie.
Nuwe taalontwikkeling het sy eie dinamiek, volg sy
eie pad. Wanneer jy van "taaloordondering" praat,
neem ek aan jy dink aan die manier waarop Afrikaanse
sprekers langer woordkombinasies gebruik vir dinge
wat heelwat korter byvoorbeeld in Engels gesê word.
Maar is dit nie juis 'n poging in Afrikaans om meer
presies die konsep uit te druk, liewer as in Engels by-
voorbeeld waar hulle ongeveer vasgevang is in ou
Germaanse woordvorme, of Latynse of Franse wissel-
vorme. Dis byvoorbeeld vir my so mooi om vir die
Engelse woord "politics" drie keuses in Afrikaans te
hê : Staatkunde, Staatswetenskap, Staatsleer.
In alle geval, ek hoop dat ek lank genoeg kan lewe
om nog te sien in watter rigting Afrikaans gaan loop
noudat dit nie meer as die offisiële taal van 'n elite
magsgroep hoef te funksioneer nie. Ek merk al in die
afgelope tyd op dat Afrikaans ligter en speelser word
selfs in die koerante en tydskrifte. Daar was 'n tyd in
die sestig- en sewentigerjare toe die koerante se taal so
bombasties en vernederlands was dat ek somtyds gevoel
het dat ek 'n vreemde taal lees. Afrikaans was myns
insiens nie 'n guns gedoen deur vir 'n ruk die gevangene
van 'n wit elite te gewees het nie. 'n Mens moet nooit
vergeet dat die eerste geskrewe Afrikaans in Arabiese
skrif deur 'n Moslem aangeteken is.

Gloudina
Re: Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans [boodskap #9784 is 'n antwoord op boodskap #9763] Di, 17 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

bouwer wrote in article ...
> At, ek dink darem nie een persoon kan sommer
> so op sy eentjie dinge uitgooi en nuwe reëls maak nie.
> Nuwe taalontwikkeling het sy eie dinamiek, volg sy
> eie pad. Wanneer jy van "taaloordondering" praat,
> neem ek aan jy dink aan die manier waarop Afrikaanse
> sprekers langer woordkombinasies gebruik vir dinge
> wat heelwat korter byvoorbeeld in Engels gesê word.
> Maar is dit nie juis 'n poging in Afrikaans om meer
> presies die konsep uit te druk, liewer as in Engels by-
> voorbeeld waar hulle ongeveer vasgevang is in ou
> Germaanse woordvorme, of Latynse of Franse wissel-
> vorme.

Gloudina, jy het reg as jy sê dat 'n taal sy eie dinamiek
het. Maar as jy sê dat een persoon nie 'n vername
bydrae tot 'n taal kan maak nie, is jy verkeerd.

Wat die bydraes van enkele tot Afrikaans betref:
Ek lees laas naweek 'n stuk wat D F Malherbe in 1905
geskryf het oor die wording van Afrikaans. Hy was hoogs
ontstoke oor mense wat Afrikaans as 'n kombuistaal beskou
het. Toe haal hy in vervoering die gedig Winternag aan wat
Eugene Marais so pas aan hom gestuur het. Met groot
verontwaardiging vra hy toe watter kombuistaal so 'n
wonderlike gedig sou kon voortbring. Maar, hy gee toe
ook toe dat daar altyd botterkoppe sou wees wat sou stry!

Sjoe, wanneer laas het ek die woord botterkop gehoor!
'n Botterkop is 'n "hinny", 'n muil wanneer die vaar 'n perd
en die moer 'n esel is. In teenstelling met 'n muil (hings: esel,
merrie: perd) kan dit wel voortplant. Maar dit deug vir niks.

Gloudina, ek het spesifiek die woord "woordoorbedondering"
geskep om uitdrukking te gee aan iets wat my baie hinder.
Ek het die woord so probeer opbou dat dit in sy samestelling
doen presies waarteen ek dit het.

Ons moet daarteen waak om aan ELKE woord 'n eenvoudige en
unieke betekenis te gee. So 'n gees is die gevolg van 'n
reduksionistiese, meganistiese siening - 'n siening wat groot
skade aanrig. Sommige selfstandige woorde en woordvoegsels
is ryk/diep/kompleks. Ons moet eerder leer hoe om hierdie woorde
in hulle volle prag te laat ontluik.

> Dis byvoorbeeld vir my so mooi om vir die
> Engelse woord "politics" drie keuses in Afrikaans te
> hê : Staatkunde, Staatswetenskap, Staatsleer.

Die drie voorbeelde is nogal interessant. Soos hulle vandag
gebruik word, is Staatkunde=Staatwetenskap=Staatleer.
(Merk op dat ek die verbindings 's' weglaat - dit is vir my
hinderlik terwyl vir my vrou hierdie wegkating hinderlik is!).
Maar eintlik is hulle nie naastenby dieselfde nie! Die rede
waarom hulle dieselfde geword het, is 'n saak wat ek
beuselary ("trivialisation") noem. Woordoorbedondering is
een van die gevolge van beuselary.

Miskien moet ek eendag oor beuselary skryf en hoe dit met
chaosteorie verband hou.

> In alle geval, ek hoop dat ek lank genoeg kan lewe
> om nog te sien in watter rigting Afrikaans gaan loop
> noudat dit nie meer as die offisiële taal van 'n elite
> magsgroep hoef te funksioneer nie.

Nou praat jy - die beuselary van die vernames!

> Ek merk al in die
> afgelope tyd op dat Afrikaans ligter en speelser word
> selfs in die koerante en tydskrifte.

Is dit nie wonderlik nie.

> Daar was 'n tyd in
> die sestig- en sewentigerjare toe die koerante se taal so
> bombasties en vernederlands was dat ek somtyds gevoel
> het dat ek 'n vreemde taal lees.

Vertel ons meer oor hoe jy die "bombasties" beleef. Het dit
iets met "woordoorbedondering" te doen?

> Afrikaans was myns
> insiens nie 'n guns gedoen deur vir 'n ruk die gevangene
> van 'n wit elite te gewees het nie.

Snaaks, ek voel net soos jy. En tog hinder die woorde
"wit elite" my geweldig. Hoekom? Dit is nie daardie mense
wat Afrikaans gevange geneem het nie, MAAR HULLE
GEDAGTES! In hulle geval het hulle gedagtes ook vasgeval
in rassisme.

> 'n Mens moet nooit
> vergeet dat die eerste geskrewe Afrikaans in Arabiese
> skrif deur 'n Moslem aangeteken is.

Wat jy skryf, is waar in die sin dat dit die oudste behoue
stuk is WAAROOR ons beskik. En as sulks wens dat
iemand vir ons 'n klankopname kan maak van hierdie
Afrikaanse vertaling in Arabiese skrif van die Koran.

Maar ek glo nie sonder meer dat dit die oudste stuk in
Afrikaans is nie omdat ek nie weet wat reeds verlore
gegaan het nie. Wat my baie hartseer maak, is dat ons
so min erg het aan goed van geskiedkundige belang.

Neem byvoorbeeld die vore"e klankopnames wat deur die
SAUK gemaak is van bejaarde mense wat Afrikaans
gepraat het. Bestaan hierdie opnames nog. Kan hulle
nog gespeel word? Is daar nie iemand wat hulle vir ons
op CD beskikbaar kan maak nie?

Alles van die beste.
At de Lange
Vorige onderwerp: 'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans
Volgende onderwerp: MUSIEK NAVRAAG VANUIT SYDNEY
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:25:56 MGT 2024