Gesellig Afrikaans
Waar ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Mediese ondersoek" deur Ernst van Heerden
"Mediese ondersoek" deur Ernst van Heerden [boodskap #120780] Ma, 17 September 2018 06:37
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 270
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 19
Senior Lid
MEDIESE ONDERSOEK
deur Ernst van Heerden (1916-1997)

Trek uit die maskerade-pak
en gooi dit op die vloer!:
'n uniform sal knapper pas
en die nooiens vir my loer.

"Dokter, jou eter-hand is koud soos ys,
jou stetoskoop is koud,
en jy tik al oor my ribbekas
en jy tok ook langs my boud."

Sy hand skryn bitter deur my vel
en skroei so ver hy voel,
hy teken kruisies soos hy tik:
teikens vir die koeël.
Vorige onderwerp: "Voortplantingsnag" deur Peet Neethling
Volgende onderwerp: "Toe die wêreld nog jonk was" deur A.G. Visser
Gaan na forum
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jan 20 15:26:06 UTC 2019