Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » "Sarie Marais" vir Beginner-studente
"Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8255] Wo, 29 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Christoffer van der Veen van Groningen vra vir
die woorde van "Sarie Marais." Ek pos dit dus
nog 'n keer. Ook vir Reka van Budapest, wat
Afrikaans leer. (Sy het 'n vriend wat Afrikaans
praat.)

SARIE MARAIS

My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar ek hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooi Rivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.
O bring my terug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groendoringboom,
daar woon my Sarie Marais, (2)

Ek was so bang dat die Kakies my sal vang,
en ver oor die see wegstuur,
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.

Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes,
Hulle sleep jou altyd water toe.
Hulle gooi jou op 'n skip vir 'n lange lange "trip"
die josie weet waarnatoe.

Verlossing het gekom en die huis-toe gaan was daar,
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met 'n kus te beloon.

Wysie (tune) : "Sweet Ellie Rhee" from
Scottish Students Song Book 1891
verwerk deur Dirkie de Villiers.
Woorde deur vier verskillende outeurs.

ver : far
wyk : region
mooi : beautiful
woon : reside
nog : even, more
oorlog : war (the Anglo-Boer War 1899-1902)
terug : back
onder : down
altyd : always
mielies : maize, corn in North America
groendoringboom : green thorn tree
bang : afraid
Kakies : English soldiers, dressed in khaki
vang : catch
wegstuur : send away
vlug : flee
rand : edge
Upington : a place in the Northern Cape, which
is God's own country
Grootrivier : Big River, another name for the Orange
River, called so by the Dutch. The real
name, given by the original inhabitants,
is the Gariep.
Mos : really ( and a lot of other meanings)
krokodillepes : a crocodile pest
sleep : pull, usually by trailing on the ground.
Also, in agriculture, to even the soil.
gooi : throw
die josie weet : the lord knows
waarnatoe : where to
verlossing : deliverance
liewelingspersoon : beloved person
seker : surely
kus : kiss (formal word. Ordinarily "soen" for kiss.)
beloon : to reward

The speaker in the song is in exile, sent abroad
by the English during the Anglo-Boer war (to
Ceylon, St. Helena and Bermuda mostly.) The
"Mooi Rivier" in the poem is probably near the
town of Potchefstroom, but there are people from
Kwazulu/Natal that agitate for it to be the "Mooi
River" in Natal. The exile would probably be
going back in 1902, after peace had been declared.
When he got back, he would be confronted by the
fact that some of his loved ones had died in the
British concentration camps, and that some of the
farms had been destroyed by the British in an effort
to force the Boer forces to capitulate. It is of this
sad reality that Jan F. E. Cilliers talks in "Dis al."

Gloudina Bouwer
Re: "Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8271 is 'n antwoord op boodskap #8255] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
cvb...@burger.naspers.co.za says...
>
>> die josie weet : the lord knows
>
>
> Ai tog, Gloudina. Aanbid jy nou vir satan???
>
> Josie het betrekking op die duiwel, of 'n boosaardige vroumens.
>
>
> Koos kakkies

A, daar vang ek jou uit, Koos die tweede, dat
jy weer iets lees wat ek gepos het. Kan nie wegbly
nie, he`? (of "eh" soos ons hier in Kanada sê.)
Is dit meer op jou vlak, of probeer jy maar net op
my optjek?
Ja, ek het "die josie weet" maar sommer taamlik
vryelik vertaal. Dankie vir die korreksie. Ons Bosman
en Van der Merwe sê die volgende:

josie: the devil, the deuce
die josie in wees : have one's monkey up. Dink
nie hierdie Engels sal in Noord-
Amerika verstaanbaar wees nie.
dit mag joos weet : deuce (goodness) knows.

Toe wonder ek waar die woord "deuce" vandaan kom.
Die American Heritage Dictionary:
(1) deuce: a playing card or side of a die bearing two
spots... a cast of dice totalling two..... tennis.....
(Old French "deus" (two) from Latin "duos"...
(2) Informal : Bad luck; the devil.Used as a mild
oath or exclamation of annoyance, impatience
or surprise. Probably Low German "duus",
deuce, two at dice (from the exclamation of the
player making the lowest throw), ultimately
from Latin "duos"....

So my vraag: as "josie" van "deuce" af kom, en
"deuce" kom van "duos"(twee) af, waar het die
Duiwel in die ding ingekom? Lord knows.

Gloudina
Re: "Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8272 is 'n antwoord op boodskap #8255] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> die josie weet : the lord knows

Ai tog, Gloudina. Aanbid jy nou vir satan???

Josie het betrekking op die duiwel, of 'n boosaardige vroumens.

Koos kakkies
Re: "Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8289 is 'n antwoord op boodskap #8255] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , iz...@igs.net says...
>
> In article ,
> cvb...@burger.naspers.co.za says...
>>
>>> die josie weet : the lord knows
>>
>>
>> Ai tog, Gloudina. Aanbid jy nou vir satan???
>>
>> Josie het betrekking op die duiwel, of 'n boosaardige vroumens.
>>
>>
>> Koos kakkies
>

Koos die tweede,
Ons het 'n probleem. 'n Cyber-informant by
UNISA rapporteer die volgende etimologiese
verklaring van "josie" wat in die Etimologie -
Woordeboek voorkom:
josie : "duiwel"; waarskynlik via Nederlands
"joosje" (ouer Ndl. Vorme : "josin/joosjen/
josie/joost" waarskynlik volksetimologies
na die eienaam "Joost"), waarskynlik
afkomstig van die Javaanse "dejos", wat
weer ontleen is aan die Portugese "deos"
(god.)
So hier het ons nou 'n verklaring wat "josie" wel
terugvoer na die Portugese "deos" - so ek was nie
so ver verkeerd om "die josie weet" met "the Lord
knows" te vertaal nie. Hoekom Bosman en van der
Merwe verkies om die oorsprong by die Portugese
"duos" (twee) te gaan soek, sal hulle natuurlik moet
verklaar.

Gloudina
Re: "Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8303 is 'n antwoord op boodskap #8255] Sa, 01 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chr.O. van der Veen  is tans af-lyn  Chr.O. van der Veen
Boodskappe: 9
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
kakkies wrote:
>
>> die josie weet : the lord knows
>
> Ai tog, Gloudina. Aanbid jy nou vir satan???
>
> Josie het betrekking op die duiwel, of 'n boosaardige vroumens.
>
> Koos kakkies
Hallo allemaal,
Jammer, dat Sarie Marais niet door mijn provider doorgegeven is. (Jullie
zullen voor *provider* in het Afrikaans best een goede vertaling bedacht
hebben, maar dit even terzijde). In het Nederlands is ook Joosje of
Joostje Pek de duivel, gebruikelijk in de uitdrukking: Joosje Pek mag't
weten.
Groeten, Christoffer
Re: "Sarie Marais" vir Beginner-studente [boodskap #8325 is 'n antwoord op boodskap #8255] Ma, 03 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 31 Jan 1997 18:38:07 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

afkomstig van die Javaanse "dejos", wat[/color]
> weer ontleen is aan die Portugese "deos">>>

Huh??!!

Joost van der Westhuisen, Springbok-skrumskakel wat soms goddelike
rugby speel, is "Duiwel" van der Westhuisen??!!!!

( :) )
Vorige onderwerp: Lied vir Beginner-studente : etimologie van "nonna, nooi..."
Volgende onderwerp: 'n LIED vir BEGINNER-studente van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:50:20 MGT 2024