Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Lentedag (Dis heerlike lente)
Lentedag [boodskap #120756] Sa, 01 September 2018 13:34 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Jammer vir die mense wat van die winter hou, of vir die wat hooikoors kry, maar... ♪♪♫♪♪

DIS HEERLIKE LENTE:
Dis heerlike lente, die winter's verby
Weer nodig die velde vir jou en vir my
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Daar's dou op die blomme, die dagbreker fluit
Ons beur deur die klowe die opdraandes uit
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Van hier waar die varkblom en vleiriete groei
Tot daar waar die aalwyn en kanniedood bloei
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Al hoër en hoër na bowe te voet,
Om hoog op die kruine die rooidag te groet
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Daar's krag vir die spiere op vaderlands-grond
Die vroe-vroeë môre het goud in die mond
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!

Woorde: THEO W. JANDRELL en G.G. CILLIÉ
Musiek: Wysie uit die Alpe; verwerk: G.G. CILLIÉ
Re: Lentedag [boodskap #120757 is 'n antwoord op boodskap #120756] Sa, 01 September 2018 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hier is 'n ander weergawe, let op reël 2: "weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my" in plaas van "weer nodig die velde vir jou en vir my". Ek wonder of dit 'n ouer weergawe is?

Aanhaling:
Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o.
Hol-la-dri-o-ha, hol-la-dri-o!
Re: Lentedag [boodskap #120758 is 'n antwoord op boodskap #120757] Sa, 01 September 2018 14:09 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Wat dink julle van die verwerking (Lewies Mymer, Litnet, 27 Augustus 2012)?

Aanhaling:
Kom nou maters, almal tesaam!!
Uh-een , en uh-twee en 'n uh-drie!!

Dis jeerlike lente, die winter's verby
weer suffer ons van hooikoors
Pa, Ma, ek en jy!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!

Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer vreet die muskiete
Vir jou en vir my
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!

Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer mars die miere
In lange ry op ry!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!

Dis jeerlike lente, die winter's verby
Weer byt die vlooie
Vir Wagter en my!
Holladriehoeha, holladriehuhuh huggehuggehug!!
Vorige onderwerp: 1966 volkswagen blues
Volgende onderwerp: Woorde van Steve Hofmeyer se Bloubul lied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:19:19 MGT 2024