Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Die Stem van Suid-Afrika
Die Stem van Suid-Afrika [boodskap #120734] Sa, 18 Augustus 2018 07:18
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Op 31 Mei 1918 het C.J. Langenhoven te Arbeidsgenot 'n gedig geskryf wat later as Die Stem van Suid-Afrika bekend sou word. In 1931 het die FAK 'n kompetisie geloods om 'n geskikte volkslied vir Suid-Afrika te vind. "Die Stem" is eenparig gekies. M.L. de Villiers is later versoek om die gedig te toonset. Die Stem is op 2 Mei 1957 tot enigste amptelike volkslied verklaar tot dit in 1994 vervang is. Desnieteenstaande is dit vandag steeds 'n belangrike volkslied en kultuurlied van die Afrikaner.

Hier is die woorde:
Eerste vers

Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa --
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe ons vir jou, Suid-Afrika.

Tweede vers

In die murg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf --
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.

Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners kinders van Suid-Afrika.

Derde vers

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis --
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.

Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe ja, ons kom Suid-Afrika.

Vierde vers

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou --
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer --
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Radio Wêreld Wyd
Volgende onderwerp: 1966 volkswagen blues
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:47:21 MGT 2024