Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Koos help die dokter
Koos help die dokter [boodskap #120731] Ma, 13 Augustus 2018 06:30 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Koos werk by 'n dokter as skoonmaker. Die dr. sou die dag uitstedig wees en vra vir Koos om 'n ogie oor die pasiënte te hou. Die volgende dag kom hy terug en vra vir Koos hoe dit gegaan het. Koos sê daar was drie pasiënte wat hy gehelp het:

"Die eerste pasiënt het ingekom met 'n lelike hoes en toe gee ek vir hom Benelyn."

"Die tweede pasiënt het ingekom met 'n vreeslike allergie en toe gee ek vir hom Allergex."

Die dokter was baie beïndruk en vra oor die derde een:
"Nee, sê Koos daar het 'n dame ingekom, haar kaal uitgetrek en op die ondersoektafel gaan lê en gesê: 'Ek het vier jaar laas 'n man gesien,'"
"O Hel," sê die dr. "en wat doen jy toe?"
"Nee," sê Koos, "toe gooi ek vir haar EyeGene in haar oë!"
Re: Koos help die dokter [boodskap #120778 is 'n antwoord op boodskap #120731] So, 16 September 2018 15:25 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Dokter en 'n groep mediese studente doen hul rondtes.
"Soos julle kan sien," verduidelik die dokter, "loop die pasiënt mank omdat sy linker fibula en tibia beseer is."
Die dokter draai na een van die studente en vra, "Wel, wat sou jy gedoen het?"
Die student dink 'n oomblik en sê, "Nee, seker maar ook mank geloop het."
Vorige onderwerp: So 'n bietjie sielkunde...
Volgende onderwerp: Jakkepoef en die Valies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:17:32 MGT 2024