Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Skok-bewerings teen Magnus Malan
Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120707] Ma, 06 Augustus 2018 06:14 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Magnus Malan was op sy dag die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en die Minister van Verdediging. Hy is op 18 Julie 2011 (op 81) by sy huis aan hartversaking oorlede. Nou, sewe jaar ná sy dood, word 'n boek bekendgestel wat beweer dat hy 'n pedofiel was wat 40 tot 50 jaar terug aan seksorgies tydens "visvanguitstappies" deelgeneem het. Die boek se naam is "Die seuns van Bird Island" (nogal in Afrikaans, hoewel hulle seker "Birdeiland" bedoel).

Dis 'n afgryslike storie, maar klink 'n bietjie dik vir 'n daalder. Kan dit 'n poging wees om geld te maak uit iemand wat homself nie meer kan verdedig nie, of is dit dalk waar? Hoe kon so iets vir so lank toegesmeer word?
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120709 is 'n antwoord op boodskap #120707] Ma, 06 Augustus 2018 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
alleman  is tans af-lyn  alleman
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 2018
Karma: 2
Junior Lid
Dis dalk minder dik vir 'n daalder as jy in ag neem dat magsdronk leiers van elders gevang is dat hulle soortgelyk optree.

Byvoorbeeld die pedofiel netwerk wat bestaan het in die Britse parlement en waarskynlik Britse ministers ingesluit het.
Die reekse en reekse seksmisdade teen kinders wat Roomse priesters wêreldwyd gepleeg het teen kinders wat aan hulle sorg toevertrou is.
Jimmy Saville en Rolf Harris se celebrity status het aan hulle mag gegee om skynbaar te maak soos hulle wil.
Saville was so magtig dat baie mense by die toesmeer van sy bedrywighede betrokke was - selfs polisiemanne, en personeel by die hospitale waar hy van die dinge gedoen het


Verder is dit bekend dat Malan baie wreed was. Hy het gesit en mense se moorde en beplan saam met die BSB wat hy begin het. So moet ons hom die voordeel van die twyfel gee omdat sy BSB bedrywighede ter wille van ons gedoen is? Ek dink nie so nie. Daardie dinge was immoreel en het almal in SA, Afrikaners inkluis, in werklikheid benadeel
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120721 is 'n antwoord op boodskap #120709] Do, 09 Augustus 2018 15:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
> "Hulle hoop was dat die boek die slagoffers en mense met meer inligting na vore sal laat kom."

Dit klink al te veel na 'n "visvangstorie" met 30+ jaar se stertjies daarby. As iemand wel met feite vorendag kom kan ons seker 'n opvolg op die boek verwag. Riool-joernalistiek op sy beste, maar miskien lei dit tog tot een of ander waarheid. Ek neem aan tyd sal leer.
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #120733 is 'n antwoord op boodskap #120721] Wo, 15 Augustus 2018 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Mark Minnie, 'n oudspeurder en mede-skrywer van die boek, het blykbaar selfmoord gepleeg. Hy is aangetref met 'n skietwond aan sy kop, asook 'n selfmoordbrief en 'n vuurwapen wat nie aan hom behoort nie. Volgens die polisie word vuilspel nie vermoed nie, maar baie bespiegel dat hy te veel geweet en derhalwe "uitgehaal" is.

In 'n ander wending is Barend du Plessis ('n voormalige minister van finansies) geïdentifiseer as die waarskynlike derde medepligtige wat se naam nie in die boek genoem is nie. Seker oorlat hy nog lewe en homself kan verdedig.
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #125314 is 'n antwoord op boodskap #120733] Ma, 15 April 2019 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die storie rafel nou heeltemal uit. Die joernalis Jacques Pauw het onthul dat Minnie enkele dae voor publikasie aan die uitgewer geskryf het: "Ons het geen konkrete bewyse dat enige van die drie ministers 'n slagoffer seksueel gemolesteer het nie." Die Rapport het ook erken dat hulle gefouteer het deur bewerings wat in die boek gemaak word as feite voor te hou. Die boek het ongekende skade aan die mense se reputasies en nalatenskap aangerig, maar blyk nou net 'n klomp ongegronde skinderstories te wees.
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #130119 is 'n antwoord op boodskap #125314] Di, 03 Maart 2020 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Tafelberg, 'n filiaal van NB-Uitgewers, het vandag besluit om onverkoopte eksemplare van beide die Afrikaanse en Engelse uitgawes van die boek van boekwinkels te onttrek. Die e-boek is ook van aanlyn platforms verwyder. Verder is daar verskoning teenoor Barend du Plessis aangeteken in soverre die boek impliseer dat hy by genoemde aktiwiteite betrokke sou wees.
Re: Skok-bewerings teen Magnus Malan [boodskap #131092 is 'n antwoord op boodskap #130119] Wo, 29 April 2020 17:50 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
En daar kry Barend du Plessis, Magnus Malan en John Wiley 'n opregte en onvoorwaardelike verskoning van 'n onopregte Media24.
Die skikkings van R3 miljoen is seker nie te versmaai nie, maar ek dink hulle kan hul sterre dank hulle het so lig daarvan afgekom.
Vorige onderwerp: Drosverkragter
Volgende onderwerp: "Black Lives Matter"-beweging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 02:09:51 MGT 2024