Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Sien jy vir Jesus?
Sien jy vir Jesus? [boodskap #120703] So, 05 Augustus 2018 09:47 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ná 'n lang nag in die Akker stap 'n Stellenboschse student huis toe langs die Eersterivier. Dis Sondagoggend, en 'n groepie kerkgangers staan in 'n ry en sing. Die student val instinktief agter in die ry in.

Vooraan staan 'n lekeprediker halflyf in die water, en doop die mense soos hulle verbykom. Een vir een druk hy hulle koppe agteroor in die water, lig hulle weer op, en vra: "Sien jy vir Jesus?" Die mense se oë blink in ekstase, en elke "ja" word met 'n koor van "halleluja" begroet. Uiteindelik kom die student ook aan die beurt, en na al die ure in die Akker is dit nie moeilik om sy kop onder die water te kry nie.

"Sien jy vir Jesus?" roep die prediker.
"Nee," antwoord die student.

Weer druk die prediker sy kop onder die water, hierdie keer met meer oortuiging, lig hom regop, en vra: "Sien jy vir Jesus?"
"Nee," antwoord die student weer.

Vir die derde keer verdwyn sy kop onder die water, en die prediker wik en weeg duidelik voor hy die bedremmelde student weer ophelp. "Sien jy vir Jesus?" roep die prediker, hard genoeg om dit duidelik te maak dat hier 'n regte en 'n verkeerde antwoord is.

"Verdomp nee, ek sien hom nie!" skree die student terug. "Is jy seker dis hier waar hy ingeval het?"
Re: Sien jy vir Jesus? [boodskap #120704 is 'n antwoord op boodskap #120703] So, 05 Augustus 2018 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Nuut hierso, verwag ek toe 'n Sondag boodskappie - maar ek het lekker gelag!
Re: Sien jy vir Jesus? [boodskap #120705 is 'n antwoord op boodskap #120704] So, 05 Augustus 2018 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dis 'n ou grappie wat lank terug die rondte gedoen het.
Hoop nie mense vat dit verkeerd op nie...
Re: Sien jy vir Jesus? [boodskap #120706 is 'n antwoord op boodskap #120705] Ma, 06 Augustus 2018 06:08 Na vorige boodskap
Voortrekker  is tans af-lyn  Voortrekker
Boodskappe: 17
Geregistreer: Augustus 2018
Ligging: Centurion
Karma: 5
Junior Lid

Dit is eintlik 'n baie diep grappie .... ek sal nog 'n bietjie moet dink en dan probeer om die dieper betekenis in woorde te omskep Razz
Vorige onderwerp: Oom Hannes en die groot vis
Volgende onderwerp: Mike en sy pikkewyne
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 02:08:23 MGT 2024