Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Aanstap Rooies (Die pad is lank en swaar...)
Aanstap Rooies [boodskap #120684] So, 22 Julie 2018 08:07
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
AANSTAP ROOIES

Woorde: B.A. DE WET: Vers 1; PIERRE MALAN: Vers 2, 3
Musiek: S.A. Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Aanstap rooies! Die pad is lank en swaar,
die mense wag al daar en die koffie is al klaar.
O, laat julle kwassies swaai, swaai, laat julle kwassies swaai,
wieg julle koppe fraai en laat die wiele draai.

Uitspan kêrels, die dag se skof was ver,
die son trek lankal water, daar blink die awendster.
O steek maar die vure aan, aan, steek maar die vure aan,
en in die helder maan sal ons vannag hier staan.

Opstaan, inspan, die laaste trek lê voor,
nog lank voor dagbreek trek ons die eerste bultjie oor.
O, hoor net die sweep se slag, slag, hoor net die sweep se slag,
tuis kom ons nog vannag waar ons geliefdes wag.


Vorige onderwerp: Wat maak oom Kalie daar?
Volgende onderwerp: Transvaalse volkslied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:42:19 MGT 2024