Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Eet jou pampoen!
Eet jou pampoen! [boodskap #120657] Sa, 07 Julie 2018 08:57 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Ma sê vir haar seuntjie wat nie sy pampoen wil eet nie:
"Wag maar, vannag kom die duiwel jou haal!"

Daardie nag begin dit vreeslik reën. Die donderweer dreun en weerligstrale klief deur die lug. Ma raak bekommerd en wil by haar seuntjie gaan sit tot die weer opklaar. Tot haar verbasing is hy nie in sy kamer nie. Sy kry hom voor 'n oop yskasdeur besig om pampoen te eet.

Kort-kort prewel hy:
"So 'n moelse lawaai en dit oor 'n klein bietjie pampoen".
Re: Eet jou pampoen! [boodskap #120862 is 'n antwoord op boodskap #120657] Do, 01 November 2018 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Seun kyk hoe sy tannie poeier oor haar baba se boudjies gooi.
Die seun: "Tannie moenie sleg voel nie, ons hond het ook vlooie."
Re: Eet jou pampoen! [boodskap #121044 is 'n antwoord op boodskap #120862] So, 18 November 2018 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Na ete sê die ma vir haar opgeskote twee kinders hulle kan maar elkeen 'n appel kry.
Jannie laat nie op hom wag nie en hy gryp dadelik die grootste een.
Sannie is baie verontwaardig en sê: "Jy's ongeskik!"
Jannie kyk haar verbaas aan en vra: "Nou wat sou jy gedoen het?"
"Ek sou die kleinste een gevat het, natuurlik", antwoord sy.
"Nou ja, dan jy het mos wat jy wou gehad het!"
Re: Eet jou pampoen! [boodskap #125271 is 'n antwoord op boodskap #121044] Wo, 03 April 2019 05:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
'n Seuntjie maak sy brokkoli staan soos 'n boompie in sy bord en stoot al
sy groente onder die "boompie" in. Sy ma vra vir hom: "Wat doen jy?"
Hy antwoord: "En die Here het gesê, van hierdie boom mag jy nie eet nie."
Re: Eet jou pampoen! [boodskap #127338 is 'n antwoord op boodskap #125271] Sa, 03 Augustus 2019 05:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die kannibaal vra sy vrou wat hulle vanaand eet.
Sy antwoord: "Gerrie en Rys".

Wat noem jy iemand wat dik is vir mense?
Antwoord: 'n Kannibaal, natuurlik!
Re: Eet jou pampoen! [boodskap #127951 is 'n antwoord op boodskap #127338] Ma, 07 Oktober 2019 14:14 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die een kannibaal se vir die ander kannibaal: "Ek hou nie van my skoonma nie!"
Die ander antwoord: "Ag, eet dan maar die tjippies."
Vorige onderwerp: Omgeruil
Volgende onderwerp: Nog 'n grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 20:07:53 MGT 2024