Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Verafrikaansing van woorde (Om te verafrikaans of nie)
Verafrikaansing van woorde [boodskap #120637] Sa, 23 Junie 2018 12:53
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Dit lyk of die Taalkommissie begin wegbeweeg van wat hulle beskou as die "oormatige" verafrikaansing van woorde. Die probleem is egter dat fonetiese spelling een van Afrikaans se grootste bates is. Ons skryf woorde grotendeels soos ons hulle uitspreek. Sulke verafikaansde wisselvorme word dan ook algemeen in woordeboeke en publikasies aangetref.

Wat die AWS betref, is Tsjaka verwyder en slegs Shaka word nou gelys;
Fukushima eerder as Foekoesjiema;
China en nie meer Sjina nie (sien 2017-AWS);
ens.

Hier is nog 'n paar verafrikaans woorde wat algemeen in boeke en op die Internet aangetref word:
  • China - Sjina
  • Mexiko - Meksiko
  • Sudan - Soedan
  • Uganda - Oeganda
  • Ukraïne - Oekraïne
  • "breakfast" - brekfis (ontbyt)
  • "bullybeef" - boeliebief
  • "chops" - tjops (kottelette)
  • "chips" - tjips (aartappelskyfies)
  • "choclits" - tjoklits
  • OK - Okei
  • uhuru - oehoeroe
  • nuusbulletin - nuusboeletien
  • shar pei - sjarpei (die honderas)

'n Woord soos "Sjina" is reeds deur C.J. Langenhoven gebruik (en moontlik selfs voor hom), maar nou is dit blykbaar verkeerd. Hoe verander mens 'n skryftradisie wat ten minste 'n eeu oud is, in talle woordeboeke opgeneem is, en algemeen deur mense besig word?
Vorige onderwerp: Die waardering van ons eggenote
Volgende onderwerp: Die betoning van ons eerbied
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:46:04 MGT 2024