Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Formatering van teks (Spesiale effekte met BBkode)
Formatering van teks [boodskap #120619] Sa, 16 Junie 2018 08:24 na volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Die meeste forums op die Internet gebruik BBkode (BBcode in Engels) om teks te formatteer. BBkode is spesiale instruksies wat in blokhakies in teks aangebring word om teks in vetdruk, skuinsdruk, ensovoorts aan te dui. BBkode is maklik om te gebruik en is ook veiliger as HTML-kode. Om teks byvoorbeeld in vetdruk (bold) aan te dui, sal mens die [b]-etiket gebruik, wat dan met 'n [/b]-etiket afgesluit word. Die teks tussen die twee etikette sal dan vet gedruk word.

Om die forum effektief te kan gebruik, is dit nodig om so 'n paar van die basiese etikette te bemeester.
Hier volg 'n paar maklike bbkode-etikette om u op dreef te kry:

Vetdruk
Tik: [b]vet teks[/b]
Vertoon: vet teks

Skuinsdruk
Tik: [i]kursiewe teks[/i]
Vertoon as: kursiewe teks

Onderstreep
Tik: [u]onderstreepte teks[/u]
Vertoon as: onderstreepte teks

Onderskrif
Tik: [sub]onderskrif[/sub]
Vertoon as: onderskrif

Boskrif
Tik: [sup]boskrif[/sup]
Vertoon as: boskrif

Gekleurde teks
Tik: [color=green]groen teks[/color]
Vertoon as: groen teks

Groter en kleiner teks
Tik: [size=4]groot teks[/size]
Vertoon as: groot teks

Etikette kan ook saam gebruik word.

Saamgestelde gebruik
Tik: [b][u][i][color=red][size=4][font=courier]Geformateerde teks[/font][/size][/color][/i][/u][/b]
Vertoon as: Geformateerde teks

Ons sal die pos met tyd uitbrei om meer BBkode-etikette te lys.
Re: Formatering van teks [boodskap #120626 is 'n antwoord op boodskap #120619] Wo, 20 Junie 2018 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Julle het seker al opgemerk dat sommige boodskappe youtube-video's bevat.
Ek wil net vinnig verduidelik hoe dit gedoen word.

Metode 1: Spoeg en plak die URL van die video in jou boodskap.

Tik: https://www.youtube.com/watch?v=Ge195KwYhKk
Vertoon as:


Metode 2: Gebruik die [YOUTUBE]-etiket en spesifiseer die video se unieke kode (die gedeelte na v= in die URL).

Tik: [YOUTUBE]2tiltY-gX_4[/YOUTUBE]
Vertoon as:

Re: Formatering van teks [boodskap #120631 is 'n antwoord op boodskap #120626] Wo, 20 Junie 2018 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Om na die Afrikaanse Wikipedia te skakel kan dubbele blokhakies om woorde geplaas word, soos algemeen op Wikipedia die gebruik is.
As voorbeeld:

Tik: [[Afrikaanse Wikipedia]]
Vertoon as: Afrikaanse Wikipedia
Re: Formatering van teks [boodskap #121584 is 'n antwoord op boodskap #120631] Ma, 03 Desember 2018 07:04 Na vorige boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Gebruik die IMG-etiket om 'n foto of ander beeld te plaas. Beelde kan ekstern (op 'n ander webtuiste) wees, of as deel van 'n boodskap hier opgelaai word.

Die sintaks is [img]URL na u beeld[/img].

As variasie hierop kan beelde links of regs gesentreer word met IMGL (image left) en IMGR (image right).
Vorige onderwerp: 'n Blik op die Afrikaanse web
Volgende onderwerp: Stand van Afrikaanse Forums
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 08:36:52 MGT 2024