Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Veiligheid & wapens » Vuurwapen eienaars voor ultimatum (Laat aansoekers moet hul wapens inhandig)
Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #120607] Sa, 09 Junie 2018 08:49 na volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die Vryburger:
Meer as 400 000 vuurwapen eienaars wat nie betyds aansoek gedoen het vir die hernuwing van hul vuurwapen lisensies nie, is nou onwettige vuurwapen eienaars en sal hul wapens by die polisie moet gaan inhandig."
- http://www.dievryburger.co.za/2018/06/vuurwapen-eienaars-voo r-ultimatum/
Dit is nogal taamlik ernstig - handig jou wapen in of geniet 15 jaar se gratis verblyf in 'n tronksel. Geen prosedure is bekendgemaak en niemand weet werklik wat om wanneer te doen nie.

Gelukkig vat hulle nog nie jou kar as jy per ongeluk vergeet om motorlisensie betyds te hernu nie.
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #120611 is 'n antwoord op boodskap #120607] Ma, 11 Junie 2018 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Kan jy nou meer. Die polisie wil blykbaar nie die 'ongelisensieerde' vuurwapens aanvaar nie. Die konstitusionele hof sê handig in, maar die polisie sê hou verby.

Wat doen mens nou? Mens kan maar net hoop dat hulle later die een of ander amnestie-tydperk sal aankondig.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/polisie-wil-nie-onge lisensieerde-vuurwapens-aanvaar-20180611
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #120690 is 'n antwoord op boodskap #120611] Sa, 28 Julie 2018 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Regter Bill Prinsloo het op 27 Jul 'n tussentydse interdik uitgereik wat die polisie verhoed om vuurwapens waarvan die lisensies verval het te aanvaar. Die polisie praat blykbaar nie uit een mond oor wat met dié wapens moet gebeur nie. Daar is ook geargumenteer dat hierdie skietgoed "veiliger tuis is as by die polisie".

Meer by https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/onwettige-skietgoed-veili ger-tuis-as-by-polisie-20180727
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #120831 is 'n antwoord op boodskap #120690] Vr, 19 Oktober 2018 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Met die nuutste aanslag vanaf die regering word beoog om artikels 13 en 14 van die Wet op Beheer van Vuurwapens (No. 60 van 2000) te skrap. Hierdie artikels maak voorsiening vir die gebruik van vuurwapens vir selfverdediging. In 'n land met ongekende vlakke van misdaad, is dit moeilik om te dink hoekom 'n regering weerlose mense sal wil keer om hulself en hul eiendom te beskerm.
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #129141 is 'n antwoord op boodskap #120831] Vr, 10 Januarie 2020 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
WhapsApp-boodskap ontvang:

"Saai sal Dinsdag die dringende aansoek om die vuurwapen amnestie teen te staan by die Hooggeregshof van Pretoria bywoon.

"Ons sal julle deurlopend op hoogte hou van die gebeure via hierdie Whatsapp kanaal.

"Ander wat nie tans op die kanaal is nie kan gevoeg word deur hul naam en nommer te Whatsapp na Saai by 0660716094."
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #131450 is 'n antwoord op boodskap #129141] Sa, 30 Mei 2020 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die vuurwapen amnestie periode vir 2019/2020 wat op 1 Desember 2019 begin het, verstryk op Sondag 31 Mei.

Mense met vuurwapenlisensies wat verval het, het basies twee opsies:
• Handig die vuurwapen by die polisie in en doen aansoek vir ’n nuwe lisensie en vir die hernuwing van bevoegdheid indien nodig.
• Gee die vuurwapen by die polisie in vir vernietiging.
Re: Vuurwapen eienaars voor ultimatum [boodskap #131794 is 'n antwoord op boodskap #131450] Do, 25 Junie 2020 20:38 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die staat van inperking het blykbaar daartoe gelei dat die polisie nie die gewenste resultaat met die amnestie verkry het nie.
'n Nuwe amnestie is versoek en voorlopig goedgekeur vir die tydperk van 1 Augustus vanjaar tot 31 Januarie 2021.
Vorige onderwerp: Plaasmoordondersoeker geteiken
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:37:02 MGT 2024