Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Liefde
Die Liefde [boodskap #120566] Ma, 06 November 2000 00:00
Adoons  is tans af-lyn  Adoons
Boodskappe: 8
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Junior Lid
WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU?

Vier-en-tagtig, want dan hoef 'n mens nie meer te werk nie, en kan julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy,8)

Sodra ek klaar is met kleuterskool, gaan ek vir
my 'n vrou soek. (Tom, 5)

WAT DOEN MENS OP 'N AFSPRAAK?

Op die eerste afspraak, vertel hulle net vir
mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so
geïnteresseerd, dat hulle maklik op 'n tweede
afspraak gaan. (Mike, 10)

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE
SOEN?

'n Mens moet nooit 'n meisie soen, tensy jy
genoeg geld het om vir haar 'n groot ring en 'n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd video's van die troue hê. (Jim, 10)
Moet nooit voor ander mense soen nie. 'n
Mens kry vreeslik skaam as iemand jou sien, maar as niemand jou sien nie, sal ek dit met 'n aantreklike seun probeer, maar net vir 'n paar uur. (Kally, 9)

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM
ENKEL TE WEES, OF GETROUD?

Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar
nie vir seuns nie. Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette, 9)

Dit gee my 'n kopseer om net aan sulke dinge
te dink. Ek is net 'n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny, 7)

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR
MEKAAR?

Niemand is seker waarom dit gebeur nie,
maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild is. (Jan, 9)

Ek dink jy is veronderstel om met 'n pyl
geskiet te word, maar die res daarvan is nie
veronderstel om so seer te wees nie. (Harlan,
8)

HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK?

Soos 'n sneeustorting, waar jy moet hardloop
vir jou lewe. (Roger, 9)

As dit enigsins is soos om te leer hoe om te
spel, wil ek dit nie doen nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo, 7)

IS AANTREKLIKHEID BELANGRIK IN
LIEFDE?

As jy wil hê iemand wat nog nie in jou familie
is nie, moet jou liefhê, sal dit help as jy aantreklik is. (Jeanne, 8)

Dit gaan nie altyd oor hoe jy lyk nie. Kyk na
my. Ek is so aantreklik soos enigiets en ek
het nog steeds nie iemand wat met my wil trou nie. (Gary, 7)

Skoonheid is veldiep. Rykdom is belangriker.
(Christine, 9)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR
MEKAAR, HANDE VAS?

Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie,
want hulle het baie daarvoor betaal. (Dave, 8)

OPINIES OOR DIE LIEFDE

Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net
nie gebeur terwyl "The Simpsons" op televisie is nie. (Anita, 6)

Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor
wegkruip. Ek probeer al daarvoor wegkruip
vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry.
(Bobby, 8)

Ek is nie haastig om verlief te raak nie.
Graad vier is moeilik genoeg. (Regina, 10)

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS
NODIG OM 'N GOEIE MINNAAR TE WEES

Een van julle moet weet hoe om 'n tjek uit
te skryf. Want al het julle tonne liefde,
gaan daar nog steeds hope rekeninge wees.
(Ava, 8)

MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT
VERLIEF RAAK

Vertel hom dat jy 'n hele klomp
lekkergoedwinkels besit. (Del, 6)

Moenie dinge soos stinkende groen tekkies
hê nie. Jy mag aandag kry, maar aandag is nie dieselfde ding as liefde nie. (Alonzo, 9)

Een manier is om die meisie uit te vat vir ete.
Maak seker dit is iets waarvan sy hou.
Skyfies werk gewoonlik vir my. (Bart, 9)

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET,
IS VERLIEF?

Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet
jy hy is verlief. (John, 9)

Mense wat verlief is, sal die hele tyd net in
mekaar se oë kyk, en hulle kos laat koud
word. Ander mense stel meer belang in die kos. (Brad, 8)

Dit is beslis liefde as hulle een van daardie
poedings wat aan die brand is, bestel.
Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe
hulle harte voel ? aan die brand. (Christine, 9)

WAT DINK MENSE AS HULLE Sê "EK IS LIEF VIR JOU" ?

Die persoon dink: Ja, ek is regtig lief vir hom.
Maar ek hoop hy stort darem een maal op 'n dag. (Michelle, 9)

HOE LEER 'N MENS SOEN?

Dit kan help om die hele dag sepies te kyk.
(Carin, 9)

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE
SOEN?

Dit is nooit reg om 'n seun te soen nie. Hulle
spoeg alewig die hele wêreld vol. Dit is
waarom ek opgehou het om dit te doen. (Jean, 10)

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE
SAL HOU?

Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie,
in plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom,
7)

Moenie jou vrou se naam vergeet nie ? Dit sal
die liefdesstorie heeltemal opmors. (Roger, 8)

[En daar het jy die wysheid van die kind]

Vorige onderwerp: Die verhaal van...
Volgende onderwerp: 10111
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 15:13:09 MGT 2024