Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Preek
Die Preek [boodskap #120560] Vr, 03 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Adoons  is tans af-lyn  Adoons
Boodskappe: 8
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Junior Lid
DIE DOMINEE EN DIE PREEK:

Die gemeente was bra moeg van hulle jong dominee se temerige preke en die
koster het met ontsteltenis gemerk dat die kerk elke Sondag leër word. Ten
einde raad besluit hy om so 'n titseltjie brandewyn by die dominee se
kraffie water op die preekstoel te gooi. En sowaar! die volgende Sondag gooi
hy 'n skootjie meer by en dinge verbeter sodanig dat die kerk Sondae spoedig
weer kant en wal sit.

Een naweek woon een van die dominee se kweekskoolprofessore die erediens by.
Na die diens wil die dominee weet hoe die professor sy preek gevind het.
Die professor wat die die man as 'n powere redenaar onthou, wens hom geluk
met sy verbeterde voordrag. Maar, sê hy, daar is drie dingetjies wat hy net
wil regstel. In die eerste plek: Delila was nie Simson se kys nie; In die
tweede plek: Simson het nie met die eselskakebeen onder die ANC ingevlieg
nie; en in die derde plek: die water by die bruilof te Kana is nie in Oude
Meester verander nie!
_________________________________________________
_________________________________________________
Re: Die Preek [boodskap #120562 is 'n antwoord op boodskap #120560] Sa, 04 November 2000 07:22 Na vorige boodskap
Mel  is tans af-lyn  Mel
Boodskappe: 58
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Adoons" skryf in boodskap news:8u07p4$ctg$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> DIE DOMINEE EN DIE PREEK:

Let wel! Ek en my makkers is die enigste wat op hierdie groep toegelaat is om
Die Taal te gebruik! As jy wil verder in die Toekoms Afrikaans wil pos,
stuur vir my a tjek aan vir US$1000. En ek sal dit oorweeg.

Lekker bly my skattie! :-)

-------------- www.AdderleyStreet.co.za ---------------
The DOUBT is gone! Only one thing remains: the Fear!
Universal SMS. Any cellphone. Anywhere. Any time. Baby. Live soon!
The Weekly Chirp - Has the ANC already lost the December elections?
Get a Cape Town address - last chance to win an 18" LCD monitor!
Get your cool addy at http://freemail.adderleystreet.co.za

Ultra fun-loving Mel's new supersonic design
|
---oo-O-oo---
(Crash and burn!)
-------------------------------------------------------
Vorige onderwerp: Grappies vir 'n troue benodig asb.
Volgende onderwerp: Die Operasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:54:10 MGT 2024