Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Afrikaase mop :) - Konferensie
Afrikaase mop :) - Konferensie [boodskap #120558] Do, 21 September 2000 00:00
zom...  is tans af-lyn  zom...
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
By 'n internasionale konferensie spog drie plastiese sjirurge oor
hulle prestasies. Die Amerikaner: 'Onlangs het ek 'n pasient gehad
wat sy arm in 'n ongeluk verloor het. Ek het daarin geslaag om vir
hom 'n nuwe arm op te bou, en hy is nou in staat om in die fabriek
waar hy werk, vyf ander werkers se werk te verrig!'
Die Rus: 'Wel, tydens die Chernobil-ongeluk het ek een van die
werkers wat feitlik tot as verbrand het weer opgebou tot 'n volledige
mens. Hy doen so goed dat hulle vyftig werkers in die aanleg kon
afdank omdat hy almal se werk kan doen!'
Die Suid-Afrikaner: 'Ek het 'n klompie jare gelede 'n botteltjie
peperkorrels geneem, dit in hare verander en 'n hele liggaam daaraan
opgebou. Toe het ons hom staatspresident gemaak, en nou sit die hele
land sonder werk!'

------------------------------------------------------------ ---------

Zomola's Website : http://www.humorplein.nl

15 new funny movies (MPG), a.o. Bill Clinton, Striptease, Driving
School, Axe commercial, Mr. Bean and The woman in the Elevator.
Games: Sesamstraat (Dutch) + Stripball.

---------------------------------------------------------
-= ZOMOLA's JOKE BOX (C) -=- ZOMOLA's JOKE BOX (C) =-
---------------------------------------------------------
--
|Fidonet: -= Zomola =- 2:280/1126.33
|Internet: zom...@madcat.xs4all.geenspam.nl
Vorige onderwerp: Afrikaase mop :) - Vinger
Volgende onderwerp: Onse Spele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:28:16 MGT 2024