Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Afrikaase mop :) - Houtbeen
Afrikaase mop :) - Houtbeen [boodskap #120555] Vr, 15 September 2000 00:00
zom...  is tans af-lyn  zom...
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Houtbeen
--------

Boer Jan klim van sy perd af en op pad na sy buurman se voordeur sien
hy 'n vark met 'n houtbeen. Hy is erg nuuskierig en vra: "Koos,
hoekom het jou vark 'n houtbeen?" "Wel, Jan, daardie is 'n hoogs
intelligente vark! 'n Ruk terug het 'n tier my aangeval hier agter
die randjie. Daardie vark storm toe nader, stamp hom in die ribbes en
jaag hom weg - my lewe gered!" "En die tier het sy been afgeskeur?"
"Nee, die vark het net ligte skrapies opgedoen, maar 'n ruk later het
ons mos die brand hier gehad. Die brand het in die kafhok langs die
kraal begin. Die vark het begin skree - ons almal wakker gemaak. Maar
voor ons daar kon uitkom, het hy reeds die hekke oopgestamp, al die
diere uit die kraal gejaag en so almal gered!" "So dis hoe hy sy been
seergemaak het, hmm, Koos?" "Nee, Jan, hy was net liggies geskroei.
Twee weke terug, toe my trekker 'n klip tref en omgerol het tot in
die spruit was ek heel bewusteloos. Toe ek bykom, het die vark
ingeduik en my uitgesleep voor ek kon verdrink - verseker my lewe
gered." "En dis hoe hy sy been seergemaak het?" "Ag nee, hy was
piekfyn - bietjie vol modder." "Alles reg, Koos, maar vertel my net:
hoekom het die vark 'n houtbeen?" "Wel", se Koos toe, "'n vark soos
daardie - jy wil hom nie op een slag opeet nie!"

----------------------------------------------------------

Zomola's Website : http://www.humorplein.nl

!! Funstuff: http://www.humorplein.nl !! (menu: Allerlei)
Containing: Funny Pictures, Animated Gifs, Funny MP3's (*),
Funny MPG's, Funny Executables, Joke Box + 3000 Jokes!

(*)ao: Britney Spears ("BOOBIES ONE MORE SIZE"),
Alanis Morrissette & Lou Bega ("COMBO NO.5") parody

---------------------------------------------------------
-= ZOMOLA's JOKE BOX (C) -=- ZOMOLA's JOKE BOX (C) =-
---------------------------------------------------------
--
|Fidonet: -= Zomola =- 2:280/1126.33
|Internet: zom...@madcat.xs4all.geenspam.nl
Vorige onderwerp: Krokodil
Volgende onderwerp: Afrikaase mop :) - Bottel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:36:44 MGT 2024