Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » -= Humor in Afrikaans =-
-= Humor in Afrikaans =- [boodskap #120552] Ma, 22 Mei 2000 00:00
zom...  is tans af-lyn  zom...
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Die blondine sluit haar huis oop en ontdek dat daar 'n reuse-inbraak
was. Onsteld bel sy die polisie en se hulle moet dadelik kom. Nie vyf
minute nie, toe klop die polisieman van die honde-eenheid aan haar
deur. Sy maak die deur oop, kyk na die polisieman en sy hond, vlieg
om en storm na die telefoon. "Hier is ek in die uiterste nood. Ek
bel julle, die polisie, en al wat julle kan doen is om 'n BLINDE
polisieman na my toe te stuur!"

------------------------------------------------------------ ---------

'n Jong sakeman begin sy eie besigheid. Hy huur 'n pragtige nuwe
kantoor met die beste meubels. Terwyl hy agter sy lessenaar sit, kom
'n man die kantoor in. Om te maak of hy baie besig is, tel hy sy
telefoon op en maak of hy oor 'n groot transaksie gesels. Hy praat
oor groot syfers en maak ooreenkomste. Nadat hy klaar gesels het, vra
hy aan die besoeker of hy kan help. "Ja," se die besoeker, "ek het
net u nuwe telefoon kom installeer."

------------------------------------------------------------ ---------

Die blonde sekretaresse sit agter haar rekenaar en werk toe haar baas
binnekom. "O," se hy, "'n pentium?" "Nee Meneer," se sy,
"broekiekouse!!"

------------------------------------------------------------ ---------

Die blondine kom woedend uit die egskeidingshof gestap. "Wat 'n
regstelsel!" se sy teenoor haar vriendin, "die regter het die kinders
aan my man toegeken, en hulle is nie eens syne nie!"

------------------------------------------------------------ ---------

Steve Tswete loop langs die strand en sien 'n bottel op die sand le.
Hy tel dit op, vryf dit en eensklaps verskyn daar 'n wensgees (genie).
Die wensgees se: "Stiewie, ou maat, jy het drie wense?" Steve skop
toe af toe as volg: "Ek wens die hele hele Ellis Park Stadion is
gevul met R5 munte en dit behoort alles aan my." Die wensgees dwarrel
eenmaal om Steve en se vir hom: "Stiewie, ou maat, jou wens is
vervul. Maar ongelukkig was die aarde hol gemyn onder Ellis Park
Stadion en al die R5'e het in die dieptes van die aarde in verdwyn
a.g.v. die gewig daarvan." Steve dog toe, deksels, dit was 'n
verlies. Hy wens toe verder: "Ek wens die aarde was nie hol gemyn
onder Ellis Park Stadion nie." Die wensgees dwarrel tweemaal om Steve
en se vir hom: "Stiewie, ou maat, jou wens is vervul. Ellis Park
Stadion staan nou op stewige en vaste grond." Steve dink toe, nou is
ek amper daar. Hy wens toe weer sy eerste wens met die woorde: "Ek
wens my skat wag vir my by Ellis Park Stadion!" Die wensgees dwarrel
driemaal om Steve en se vir hom: "Stiewie, ou maat, jou wens is
vervul." En die wensgees duik terug in sy bottel, en 'n golf spoel dit
weer die see in. Steve haas hom toe na Ellis Park Stadion om sy skat
te gaan ontmoet. By sy aankoms, sien hy dat sy vrou vir hom wag.

---------------------------------------------------------
ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C) -=- ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C)
---------------------------------------------------------

ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C) mailing list.
Het leukste moppenmagazine van Nederland en Belgie.
Elke maandag een aantal leuke nederlandstalige moppen.

---------------------------------------------------------

* Aanmelden voor Zomola's Moppentrommel mailing list:

Mailto:zomola-s...@egroups.com

Subject of tekst is niet nodig.

Of bezoek: http://www.humorplein.nl
Het leukste geinplein van Nederland en Belgie!

---------------------------------------------------------
ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C) -=- ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C)
---------------------------------------------------------
--
|Fidonet: -= Zomola =- 2:280/1126.33
|Internet: zom...@madcat.xs4all.geenspam.nl
Vorige onderwerp: Aandag : Zomola
Volgende onderwerp: Grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 23:30:49 MGT 2024