Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » -= Humor in Afrikaans =-
-= Humor in Afrikaans =- [boodskap #120549] So, 14 Mei 2000 00:00
zom...  is tans af-lyn  zom...
Boodskappe: 12
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
'n Vrou en haar man het nooit so 'n goeie verhouding gehad nie, maar
het tog maar altyd bymekaar gebly. Met haar man se dood wou sy toe
'n goeie beeld skep by ander met die oog op die testament wat
voorgelees sou word. Sy laat maak toe 'n pragtige grafsteen met die
woorde "Rus in vrede" daarop gegrafeer. Toe die testament egter
gelees word toe kom dit uit dat haar man al sy besittings bemaak het
aan 'n ou vriendin. Die vrou kry toe spyt oor die mooi grafsteen en
als, maar het toe nie meer geld om dit veel te verander nie. Toe
laat sy maar net by die "Rus in vrede" aanlas: "...tot ek kom."

------------------------------------------------------------ ---------

'n Man doen aansoek as amptelike klokluier van die katedraal
Notredame. Ongelukkig het hy nie arms nie. Tydens die onderhoud vra
die hoofklokluier vir die man hoe hy dan die klok gaan lui. Die
verduidelik toe dat hy die klok met sy kop lui. Die hoofklokluier vra
toe dat die man vir hom wys. Hulle is toe op in die toring en die man
gaan staan toe so 'n ent weg van die klok. Hy hardloop na die klok
en net toe hy die klok met sy kop wou stamp, trap hy mis en stort in
die toring af waar hy hom onder doodval. 'n Klomp mense vergader toe
om die man en iemand vra wie is die man. Een persoon antwoord toe:
"Ek ken nie die man nie, maar sy gesig lui 'n klokkie!"

------------------------------------------------------------ ---------

'n Prokureur word wakker na 'n operasie en sy kamer in die hospitaal
se blindings is toegetrek en dit is donker in die kamer. Hy vra die
verpleegster waarom die blindings dan toe is. "Oorkant die straat is
daar 'n geweldige brand en ons was bang dat as jy wakker word, kan jy
dink die operasie was nie 'n sukses nie," antwoord sy.

----------------------------------------------------------

ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C) mailing list.
Het leukste moppenmagazine van Nederland en Belgie.
Elke maandag een aantal leuke nederlandstalige moppen.

----------------------------------------------------------

* Aanmelden voor Zomola's Moppentrommel mailing list:
Mailto:zomola-s...@egroups.com
Subject of tekst is niet nodig.

Zomola's Website : http://www.humorplein.nl
Webgroep Humor : http://start.at/humorwereld

---------------------------------------------------------
ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C) -=- ZOMOLA's MOPPENTROMMEL (C)
---------------------------------------------------------
--
|Fidonet: -= Zomola =- 2:280/1126.33
|Internet: zom...@madcat.xs4all.geenspam.nl
Vorige onderwerp: -= Humor in Afrikaans =-
Volgende onderwerp: -= Humor in Afrikaans =-
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 17:52:48 MGT 2024