Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Party mense het maar net nie 'n idee wat moeilikheid is nie
Party mense het maar net nie 'n idee wat moeilikheid is nie [boodskap #120521] Di, 21 September 1999 00:00
cheui  is tans af-lyn  cheui
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hiermee 'n insiggewende ware "reaksie" op 'n aanmaningskrywe
van Trust Bank:

Mnr P Koekemoer
Vlaktedrift
WELKOM

25 Mei 1970

Die Bestuurder
Trust Bank
WELKOM

Waarde Heer

U brief met 'n 2c seel het vandag hier aangekom. Ek en my seun het groot
plesier daaruit geput, behalwe dat die brief alles wat voorafgegaan het se
gedagtes teruggebring het.

Ten eerste in 1945 het ek 'n saagmeule op skuld gekoop. Ten tweede in 1955
het ek 'n span perde, 2 ponies, 'n ossewa, 'n 2-loop haelgeweer en twee
maer varke gekoop, alles op skuld. In 1956 het die verdomde meule op die
grond afgebrand.

Een van die ponies het gevrek en die ander een het ek aan 'n onnosele
wetter geleen wat hom laat vrek het van die honger. Toe sluit ek by
die kerk aan. In 1957 is my Pa dood en my broer opgehang omdat hy 'n
pensioenaris verkrag het. 'n Boemelaar het my dogter op die paal
gesit en ek moes die bliksem 'n Rand betaal om nie 'n familielid te word nie.

In 1958 het my een seun pampoentjies gekry wat toe afgesak het na sy knaters
en hy moes kapater word om sy lewe te red. Later het ons gaan visvang toe die
bleddie boot omdonner en my twee seuns met die heel balasse verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met 'n skaapskeerder wat my 'n tweeling as
aandenking laat. Ek huur toe 'n huishoudster en trou haar later om geld te spaar.

Ek het nou 'n helse job om haar op die paal te kry. My dokter se toe vir my om haar
skrik te maak op die fyn draai. Daardie aand vat ek my geweer saam bed
toe. Toe ek dink die tyd is nou reg, leun ek by die bed uit en trek 'n
skoot deur die venster af. Die gevolg is my vrou het in die bed gekak en
ek het 'n breuk opgedoen. My beste koei wat buite gestaan het, is in haar moer.

In 1960 het 'n vuilgat my stoet bul se eiers uitgesny en toe was ek so
die donder in dat ek begin drink het. Hiermee het ek aangehou tot ek net 'n
armhorlosie en 'n swak blaas oorgehou het. Om die horlosie op te wen en te
pis het my 'n tydjie gehou. 'n Paar jaar later het ek moed geskep om 'n
misstrooier, 'n baalmasjien en 'n koei gekoop - alles op skuld.

Toe kom 'n vloed en spoel die fokken spul weg en ek was nie verseker nie
en was alweer in my donner. My vrou kry toe vuilsiekte van 'n verkoopsman
en 'n ander seun van my (nie die een sonder ballas nie) vee sy gat af met
'n giftige haasvel en vrek toe van ontsteking van sy hol.

Jy kan dus my verbasing voorstel toe ek lees dat julle vir my moeilikheid
gaan maak as ek nie binne 7 dae my rekening op datum bring nie.
Vorige onderwerp: Die nagevolge van drankmisbruik
Volgende onderwerp: Nkosi Sikelele AMABOKKA GO BOKKE!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:27:26 MGT 2024