Supertaal
Waar ons vriendelik en gesellig saam kuier!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Koos se kombuis storie
Koos se kombuis storie [boodskap #120514] Sa, 14 Augustus 1999 00:00
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Koos se kombuis storie

Koos Kombuis skryf oor n toer na Bloemfontein met Wittas Jones Kikkie
Pietie Stoof Lockie Panther en die oop mond soen!!

As 'n mens uitpass, verloor jy jou hooffunksies in 'n sekere volgorde.
Eerstens verloor jy mechanical movement. Jy kan nie beweeg nie. Die
volgende een om te gaan is jou visuals - jy maak jou oe toe. Die laaste
ding om te gaan is audio. As jy nie meer kan hoor wat om jou aangaan nie,
is jy gone. As jy dan weer bykom, gebeur alles in die teenoorgestelde
volgorde.
Toe ek die oggend my audio terugkry en besef dat ek actually wakker is,
het ek geweet wat om te doen - niks vir ten minste vyf minute nie.
Enige iemand wat al met 'n heavy hangover opgestaan het weet hoe om die
hele opstaanproses te benader - baie versigtig en baie stadig. Sit alles in
low
gear. Ek besef ek sal nie net kan terugglip in rustelose slaap en later met
die probleem deal nie. Die tweeman tent voel soos 'n sauna en ek het nog
al my klere aan. Ek kan voel hoe die alkohol uit my sweetgate ooze. Dit
voel of daar 'n klip in my skedel is. Ek besef dat die klip gaan explode
as ek die geringste beweging maak. Verder is ek dors. Fokken dors. Ek was
lanklaas so dors. Ek probeer sluk, maar my tong is aan my verhemelte
vasgeplak met die laaste bietjie spoeg. Ek maak my oe op skrefies oop.
Visuals. Ja, nes ek gevrees het. Dit is selfs seer net om my oe oop te
maak. Wat praat ek; dis pynvol net om my oogballe te beweeg. Die
alles-behalwe-oranje gefilterde lig in die tent laat alles nog warmer lyk.
Voor ek my oe weer versigtig toemaak, sien ek dat ek alleen in die tent is.
Waar Anna is is egter op die oomblik nie een van my top ten worries nie.
Ondervinding het my geleer dat, as jy met 'n heavy hoofpyn moet beweeg,
doen dit stadig en beweeg jou kop so min as moontlik. Hulle se mos jou brein
swel en die hoofpyn is as gevolg van jou brein wat teen jou skedel druk.
Of so iets. Ek het nie Biologie op skool gehad nie. Probably 'n ouvrou storie.
Maar opstaan moet ek, want my brein, wat al 'n hele paar minute aan die
probleem werk, het sopas onthou van 'n sixpack Cokes in die kar se boot.
Ek rol stadig tot op my regtersy. Ek lig my bolyf stadig met my linkerarm -
net genoeg sodat ek myself kan stut op my regterelmboog. Dit was erg, maar
soos hulle se: "Cowboys don't cry". My regterarm voel nat. Deur skrefiesoe
sien ek dat my hele mou nat en vol modder is. Ek file dit in my brein saam
met Anna se verdwyning as puzzles vir later. Na 'n minuut of wat lig ek
myself tot in 'n sittende posisie. So far so good. Ek vee my gekoekte
hare uit my gesig met my een hand. Ek voel klein klam stukkies goed wat
vassit in my hare, maar ek is nou op 'n wetties mission en ek kan nie
ge-bother wees om te try uitfigure wat dit is nie. My kop voel soos daai
suurlemoen in die Med Lemon advertensie. Woeeem. Woeeem.
Ek kruip hande viervoet tot by die tent se uitgang. Ek maak my oe toe. Ek
maak die tentflap oop. LIG!! Sonstrale tref my teen 300000 meter per
sekonde. Fokken sonnige Suid Afrika. Waar's my fokken sonbrille? Ek staan
stadig op. My maag gee 'n draai. Ek belowe myself weereens dat ek nooit
gaan drink nie. Ek sit my hand oor my oe en met oe wat omtrent twee
millimeter oop is loer ek deur my vingers. Dis nie so goed soos sonbrille
nie, maar dis beter as die full
force van die Afrika son. My eerste huiwerige tree eindig op die vurk wat
opdouble as tentpen. Dis toe dat ek besef dat ek (of iemand) my boots
uitgetrek het. Al wat tussen my tender voet en die tande van die vurk is
my deurgedrade Pep Stores sokkie. Fok! Die vinnige klein sidestep is
genoeg om die klip in my kop te laat explode en my hand vir 'n paar
kritiese oomblikke voor my oe te laat wegneem. Triplefok.
Mank-vloekend-mank loop ek die laaste paar tree tot by die kar. Die eerste
mystery word hier opgelos, want deur die agterruit sien ek vir Anna. Sy le
op die platgeslaande seat en slaap. Al die vensters is oop en die windjie
speel met haar hare. Sy lek haar lippe af in haar slaap en vir 'n paar
stupid oomblikke oorweeg ek dit om haar wakker te maak en die Coke met
haar te deel en net met haar te rap en... - en dan besef ek:
Hey! Dis reality, nie Beverly Hills 90210 nie. Sy gaan nie met 'n smile
wakker word, my twee Disprins gee en vir twee uur sit en gesels nie. Sy
sal waarskynlik vloek en skree, die Coke by die venster uitgooi en se ek moet
fokof. Ek haat Brenda. Ek maak die boot saggies oop. Daar le hulle. Rooi
goud. Nog drie oor. Ek vat een en los die boot oop uit vrees om vir Anna
wakker te maak. Met 'n laaste kyk en flou smile vir Anna begin ek weer
my stadige, pynlike tog terug na die tent. Ek sien dat daar nog vier tente
gedurende die nag bygekom het en dat daar nou ag tente en God weet hoeveel
mense op die twee persoon kampplek is. Ah well; the more the merrier.
Die kampplek sou waarskynlik in die meeste Eerste wereld lande as 'n
rampgebied verklaar word. Blikke, bottels, bekers, klere, komberse, plastic en
papiere le orals. Die dooie vuur lyk sad en alleen. Ek klim versigtig terug
in
die tent met my waardevolle fonds, die warm Coke, in my linkerhand. Ek los
die tentflappe oop. Ek trek my sweater met die nat mou en my sokkies uit.
Much better. Versigtig gaan le ek. Ek vind een van Anna se jerseys, rol
dit in 'n stywe worsie en sit dit onder my nek, net op daai plek waar dit
die hoofpyn verlig. Ek voel rond en vind iets (voel soos 'n sokkie) en sit
dit oor my oe. Dis just about die comfortableste wat ek op die oomblik kan
wees. Meer 'n kwessie van damage control as comfort.
Ek het nog steeds die Coke in my hand. Ek druk my vinger onder die ring
en trek. Kgggg. Wat 'n befokte klank. Trots op myself laat ek myself 'n
hint van 'n smile toe. Dis moeilik om iets te drink as jy op die naat van jou
rug le, maar deur die jare het ek die tegniek vervolmaak.
Ek laat die swart bubble-nektar in my mond inloop. Ek sit die Coke langs
my neer en speel met die vloeistof in my mond rond. Savouring the moment
en so aan. Alles begin 'n bietjie beter lyk. Ek sluk. Onmiddellik trek my
hele ingewande in 'n knop en ek moet duik vir die ingang sodat ek nie in
die tent kots nie. Skielik is my hoofpyn 'n secondary problem. Ek kots
deur my mond en deur my neus reg voor die tent se ingang.
Deur my tranerige oe sien ek dat die kots en die stukkies foreign matter
wat ek in my hare en baard gekry het se tekstuur en vorm identies is. Die
feit dat dit een van die puzzles van die oggend oplos laat my somehow nie
beter voel nie. My kop wil bars, ek is moeg, pap, siek. Dit voel of iemand
swawelsuur in my keel en neus afgegooi het. Ek spoeg 'n paar keer om van
die kak in my mond ontslae te raak. Ek burp 'n nat burp. Ek voel-voel met
my een hand vir iets om my gesig mee af te vee. Al wat ek kan vind is die
nat sweater. Nou is dit vol modder, kots en snot. My keel en neus is aan
die brand. Ek loer oor my skouer en sien dat die meeste van die Coke nie
meer in die omgevalde blik is nie, maar besig is om deur my slaapsak
geabsorbeer te word. - Fok, FOk, FOK!
My eerste verstaanbare woorde van die dag. Ek kruip terug in die tent om
die blik Coke te kry. Ek besluit om 'n klein slukkie te waag, net om die
suur smaak uit my mond te kry en om my keel 'n bietjie verligting te gee -
ek het after all klaar gekots. BIG mistake. Ek vind myself met my kop
weer by die uitgang uit, vyf sentimeter bo die grond. Hierdie keer is dit
net vloeistof. Ek kots blanks. My oe traan. PYN.
Ek val terug op my rug met my arms uitgestrek na die kante. Ek is beat.
Game over. Ek kan nie roer nie. Ek gee oor. Help. Ek voel hoe die Coke van
die nat slaapsak nog 'n keer geabsorbeer word - hierdie keer deur my
T-shirt. Ek roer nie...
'n Geritsel by die tentflap.
* Hey, is jy O.K.? Hanno se stem. Ek wil se: "Bring vir my pynpille,
Cal-c-vita, fok, sommer 'n dokter, 'n masseur, skoon klere, 'n shower, 'n
kakhuis". Ek kreun. Skynbaar gerusgestel verdwyn hy weer. 'n Geritsel.
* Wil jy 'n Coke he? Weer Hanno. Ek probeer 'n besliste negatiewe kreun kreun.
Hy's O.K. Hy't net 'n hangover, hoor ek Hanno die res van die kamp
gerusstel. Net 'n hangover. Ek hoop hy het in die kots voor die ingang
getrap. Ek het geen recollection van wat die vorige aand gebeur het nie.
Total amnesia. Bits en pieces van die middag maar fokol van die res. Ek
hoor die kamp in beweging kom. Na 'n lang geredekawel oor wie watter
kampduties gedoen het die afgelope paar dae, word daar besluit dat dit
Karel se beurt om te gaan hout steel by die donkie onder in die kampterrein.
Joints word gerol. Iemand stem 'n
ghitaar. Seker Cath. Ek besef my toestand gaan nie verbeter as ek net daar
le nie. In fact, dis besig om te vererger. Die tent is 'n fokken sauna. Ek
moet
gaan kak en stort en pynpille en vitamines en glukose kry. Ja, you only live
twice. Nancy Reagan said: "Just do it". Die ghitaar is gestem en Cath begin 'n
Carol King song sing. Ek byt op my tande en kom stadig orent ten spyte
van hoe kak ek voel. Dit kan net beter word. Soos ek confidently my kaal
voet by die tent uitsit en dit in die kots neersit sing Cath :"...wake up
every morning with a smile on your face and show the world all the love in
your heart".

Groetnis
Stoof
Vorige onderwerp: 'n Afrikaanse een
Volgende onderwerp: 'n Dag in die Kruger Wildtuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 18:33:25 UTC 2019