Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die Koei
Die Koei [boodskap #120511] So, 18 Julie 1999 00:00
CH  is tans af-lyn  CH
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Junior Lid
DIE KOEI.......

Hierdie is 'n opstel deur 'n leerling naby Vryburg. Ingesluit is
al die spelfoute en dinge....

Die koei is 'n soogdier. Hy is ook 'n huisdier. 'n koei is
orrals. 'n koei het 'n baie fein reik - jy reik hom oor die jele
plaas. Agteran die koei sit die stert. An die een kant van die
stert sit die pint van die stert wat die kwas genoem word en an
die anner kant sit die koei.
Die koei gebruik die kwas om die flieje van haar weg te hou
anners val hulle innie melk. Vooran die koei sit die kop. Daar
groei die hoorings. Die kop hou ook die bek vas. Tissen die stert
en die kop sit die koei. Die koei is oorgetrek met 'n beesvel.
Onderan die koei hang die melk. Om die melk te kry, maak jy die
koei se bene vas. Die agterstes. Dan sit jy onner die koei en
trek die toutjie. Dan kom die melk. As die gras goed is, is die
melk goed. As die gras sleg is, is die melk sleg. As die
donner-weer in die lug is, is die melk weg. As dit 'n ou koei is,
is die melk suur. Dit is baie goedkoop om 'n koei aan te hou want
jy gee hom net eenkeer kos, dan kou hy twee maal. Die man van die
koei is die os. Dit lyk soos die koei maar daar hang net nie melk
aan hom nie. Om os te se is nie 'n vloekwoord nie.
Verder weet ek niks. Behalwe dat as 'n koei baie stip na jou kyk,
moet jy padgee want dan is dit 'n bul.
Vorige onderwerp: Die ligtere sy......
Volgende onderwerp: Die parmantige Samaritaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:22:12 MGT 2024