Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'n Liter tjips
'n Liter tjips [boodskap #120508] Vr, 04 Junie 1999 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Mike kom by die Bek se Padstal aan en sê:
"Haai ou Kallie, gee my asseblief 'n liter slaptjips."
"Nee kom nou Mike, ek verkoop nie tjips by die liter nie.
Ek het small, medium en large pakkies. Watter een wil jy hê?
"
"Kyk Kallie, ek weet nie van pakkies tjips nie. Gee my net 'n liter s'n."
"Jy moenie nou vir jou skuins hou nie Mike. Ek het jou gesê ek verkoop
dit net in pakkies!
"
Maar Mike hou vol: Hy wil 'n liter tjips hê.
Naderhand sê Kallie heel radeloos:
"Kom staan hier agter die toonbank en dan kom ek in om tjips te koop."
Mike staan agter die toonbank en Kallie is nou die klant.
"Hallo Mike, gee my asseblief 'n liter tjips."
"Alte seker ou Kallie. Het jy emties saamgebring?"

Jakes
Vorige onderwerp: Matriek Wiskundevraestel in die nuwe SA
Volgende onderwerp: Sorry ppl, gonna piss u off with an afrikaans joke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:45:16 MGT 2024