Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Varke
Varke [boodskap #120496] Vr, 07 Mei 1999 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Donkie loop vir varkie raak waar hy langs die pad sit en bitterlik huil.
"En wat gaan nou met jou aan?" vra donkie.
"Dis die mensdom. Hulle is baie gemeen!" kom varkie se antwoord.
"Die mensdom? Nou wat het hulle gedoen dat jy so bitterlik sit en tjank?"
wil donkie weet.
"Kyk," sê varkie. "As iemand lelik eet dan sê die mensdom hy eet soos 'n
vark! As iemand se huis vuil is dan sê hulle die plek lyk soos 'n
varkhok. En selfs as iemand sleg bestuur op die paaie, dan sê die mensdom
hy is 'n padvark!!!"
"Sulke blerrie varke!" kom dit van donkie.

Jakes
Vorige onderwerp: Re: Marsmannetjies
Volgende onderwerp: Oom Sjert en Ta' Ralie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 08:54:25 MGT 2024