Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Oom Sjert en Ta' Ralie
Oom Sjert en Ta' Ralie [boodskap #120493] Vr, 07 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Oom Sjert en Ta' Ralie het op 'n plaas gewoon waar die oom 'n saaiboer
was. Die oom het nog geglo in die ou maniere van boer en het sy lande
met osse en 'n sleepploeg bewerk.
Eendag was oom Sjert besig om te ploeg en ta' Ralie het brood geknie. Sy
kyk toevallig deur die kombuisvenster toe sy sien dat oom Sjert die
ploeg met geweld eenkant toe gooi en vinnig aangehardlooop kom huistoe.
Hy storm met 'n moeviese spoed die kombuis in en sê:
"Kom gou vrou - dit is styf!"
Haastig was ta' Ralie haar hande en dink dat dit seker die lentelug is
wat so goed op oom Sjert se hormone inwerk. Dit was ook jarre laas dat
die oom 'n styfte gehad het.
Hulle storm die kamer binne maar wat 'n teleurstelling! Wat 'n fiere
soldaat in oom Sjert se broek was, is nou maar net 'n oud stryder wat
lê en slaap op 'n streepsak.
"Jammer ou vrou, dit het so skielik begin en net so skielik opgehou.
Jy moet maar altyd soort van gereed wees" en daarmee is oom Sjert terug
lande toe.
Terwyl ta' Ralie in die huis besig is, hou sy maar gereeld vir die oom
dop waar hy sy lande voorberei vir die saaityd. En sowaar, 'n paar dae
later sien sy oom Sjert smyt weer die ploeg met geweld eenkant toe, gooi
albei arms in die lug en toe kom hy met 'n helse spoed aangehardloop
huistoe.
Ta' Ralie was blitsig haar hande, trek net daar in die kombuis al haar
klere uit en gaan lê sommer op die kombuistafel - REG vir die ding.

Maar oom Sjert bly weg. En hy bly weg.

Net toe sy wou opstaam om te gaan kyk waar die oom bly, kom hy die
kombuis binne gestrompel. Swart van die rook en sy klere vol roet.

"Tipies vroumens!" sê hy uitasem. "Hier lê jy kaalgat op die
kombuistafel
terwyl die donnerse waenhuis besig is om af te brand!"

Jakes
Re: Oom Sjert en Ta' Ralie [boodskap #120497 is 'n antwoord op boodskap #120493] Sa, 08 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Ron McGregor  is tans af-lyn  Ron McGregor
Boodskappe: 24
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag, foeitog ou Jakes, dis alles jou blerrie skuld....

Ek sit in wat voorheen my studiekamer was, maar nou did babakamer geword
het. Babatjie is aan t'slaap, en my geliefde eggenoot ontspan lekker in die
badkamer, want dis Saterdagoggend en dis die eerste keer in meer as 'n week
dat sy kans kry om so lank 'n bietjie vrede te geniet. Toe lees ek die
grappie.

Ek lag so hard dat babatjie nou wakker geskrik het. Ek probeer my beste,
maar hy wil glad nie bedaar nie. My vrou spring uit die bad uit, en
hardloop aan om uit te vind wat makeer. Ek verduidelik dis maar net 'n grap
op die internet.

Nou is sy vies, and sy gee glad nie om as ek 'n styfte kry of nie..........

Jakes wrote in message ...
> Oom Sjert en Ta' Ralie het op 'n plaas gewoon ...... ens ens.
Vorige onderwerp: Varke
Volgende onderwerp: Re: Give me some humour!!! Baby!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:31:21 MGT 2024