Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Olifante vergeet nooit nie
Olifante vergeet nooit nie [boodskap #120478] Vr, 18 September 1998 00:00
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Piet en sy vriend Jan het Piet se nuwe fo-baai-fo gaan
toetsbestuur in die bosse toe hulle op 'n diep gat
afkom. Binne in die gat merk hulle 'n klein olifantjie
op wat ingeval het en sukkel om uit te kom.
Piet laat sak toe vir Jan in die gat af met die kabelhyser
wat voor op die fo-baai-fo gemonteer is. Die kabel maak
Jan toe om die olifantjie se bors vas en tjop-tjop kry
hulle die outjie uit die gat.
Hulle sê mos dat olifante nooit vergeet nie.
Tien jaar later is die sirkus op die dorp. Piet en Jan gaan

toe sommer die heel eerste middag die vertoning bywoon
en gaan sit heel voor langs die ring.
Die eerste vertoning is toe olifante wat toertjies uithaal.
Maar, een van die olifante hou die hele tyd vir Piet en
Jan dop. Teen die einde van die vertoning loop hy
reguit op Piet en Jan af. Die olifant gryp eers vir Piet
en gooi hom dat hy daar trek en toe kry hy vir Jan
om die nek beet en smyt hom tussen die mense in.
Dit was toe al die tyd nie dieselfde olifant wat hulle
uit die gat uitgehaal het nie.

Jakes
Vorige onderwerp: Blindes!
Volgende onderwerp: Re: I always wanted to be a priest
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 12:32:02 MGT 2024