Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Nog 'n Spul
Nog 'n Spul [boodskap #120417] Vr, 22 Augustus 1997 00:00
Pieter A. Myburgh  is tans af-lyn  Pieter A. Myburgh
Boodskappe: 2
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hoekom het eende plat voete?
Antwoord: Om veldbrande dood te trap.
En hoekom het olifante plat voete?
Antwoord: Om brandende eende dood te trap.

Daar is 'n bok, 'n leeu en 'n kameel wat op jou afstorm,
maar jy het net een koeël in jou geweer. Wat gaan jy doen?
Antwoord: Jy rook die Camel, drink die Lion en skiet die bok.

"Hoe gaan jy hierdie groot erf omgespit kry"
"Met 'n spitbraai."
"Hoe so?"
"Terwyl die gaste spit, braai ek die vleis."

"Is ek die eerste man wat jou soen, Sannie?"
"Hoekom vra julle mans altyd dieselfde vrae? Natuurlik is jy!"

Dit is wanneer die nag op sy donkerste is dat jy besef dat jy
nooit die kragrekening betaal nie.

Die padwerkers stuur 'n brief na die bestuurder dat al hulle
pikke gebreek is. Die bestuurder skryf toe terug: "Leun maar
solank op die grawe."

Jannie: Pa, ma het my fiets stukkend gery.
Pa: Ek het jou gesê jy moet nie jou fiets op die stoep los nie!

'n Dogtertjie het 'n nuwe syrok gekry en sy sê vir haar ma:
"Ma, dink net, hierdie rok kom van 'n wurm af."
Ma: Ag nee man, dit is nie nodig om so van jou pa te praat nie.

V: Wat kry jy as jy 'n olifant en 'n mossie kruis?
A: Gebreekte telefoondrade.

'n Skelm wil vir Lulu met 'n broodmes steek, maar sy is nie
bang nie, want sy is nie 'n brood nie.
Vorige onderwerp: Mike-, Kallie- en Koos-hulle
Volgende onderwerp: Die moerige mier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:09:51 MGT 2024