Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Stront/NTvl
Stront/NTvl [boodskap #120414] Ma, 18 Augustus 1997 00:00
Vinny[2]  is tans af-lyn  Vinny[2]
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar!

Ok, laat ek dit net eers duidelik maak: ek ondersteun N-Tvl absoluut. Daar is
geen ander span Naas hulle nie... But a good joke needs to be shared...

Anyways,Gatiep en Jonas loop in die straat af, en soos dit maar gaan praat die
twee manne oor alles, en praat van wat sal hulle doen as die goeie Vader maar
net sal wil help... Gatiep vra vir ou Jonas wat sal hy maak as hy R 1 000 000
as 'n ou bonussie sou kry...

"Nay, Gatiep, ek sou 'n mansion koop, doen hoef ons mos nooit weer in die
alleys te slaap nie," se Jonas.

"En met die change, Jonas? Wat sal djy met die change maak?" vra Gatiep sy
lewenslange vriend.

"Ek sal vir ons 'n limousine koop, Gatiep, dan kan ons die hele Cape Town in
ons limo cruise..." antwoord ou Jonas sy vriend. "En djy? Wat sal djy maak as
djy 'n R 1 000 000 kry?"

"Nay, ek sal vir ons 'n hele wingerd koop, Jonas. Dan hoef ons nooit weer
sjebeen toe te loop nie..." se Gatiep.

"En met die change? Wat sal djy maak met die change, Gatiep?"

"Ek sal die Noord Transvaalse rugby team koop," antwoord Gatiep.

"Northern Transvaal? Hoekom sal djy hulle wil koop, Gatiep?"

"Nay, as djy dronk is dan koop djy mos 'n lot stront!"
En dis dit... Eendag... Eendag sal ons weer wen. Ek hoop net dis binnekort!

Vinny
Vorige onderwerp: Wat is die verskil
Volgende onderwerp: Tipe mans in 'n publieke manstoilet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:17:31 MGT 2024