Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Gatbewoners  () 1 stem
Gatbewoners [boodskap #120412] Vr, 01 Augustus 1997 00:00
Marius Ferreira  is tans af-lyn  Marius Ferreira
Boodskappe: 3
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 1
Junior Lid
Ou een, maar EG Afrikaans.

Marius

NS Ongelukkig ook nie my eie nie...

-----------------

GATBEWONER - GERHARD BEZUIDENHOUT - 10A

ONS OU DORPIE

Die dorpie waar ek gebore is, het teen 'n vulkaniese berg gestaan, en die
grondformasie was nie so dat jy daarop kon bou nie, die huise het baie
maklik inmekaar gestort. Dus het al die inwoners sommer in gate gebly.

As 'n kind 'n jaar oud geword het, het sy ouers hom begin leer om sy eie
gat te grawe, en sodoende het elkeen sy eie gat gehad.

Die burgermeester het die grootste gat op die dorp gehad. Die dokter se
gat was weer met 'n groot verband op. Die begrafnisondernemer het 'n
lang, donker gat van ses voet diep gehad en die haarkapper se gat het
baie krulle hare om gehad.

Die tuinier se gat was altyd vol mis, en die predikant moes hard werk om
sy gat skoon te hou, want die mense het nie van 'n vuilgat predikant
gehou nie.

Die volksraadlid het teen die hang van die berg gebly waar die wind altyd
gewaai het, daarom het die mense hom sommer ou windgat genoem. Met elke
uitbarsting van die vulkaan het sy gat verstop geraak, en dan moes hy sy
gat weer van vooraf uithol.

Die stadsklerk het altyd in die Burgermeester se gat gekruip totdat hy
uitgevang is, en die mense sy gat toegesteek het en hom die dorp verbied
het.

Die bankbestuurder het eenkant in die harde grond gewoon en is sommer ou
hardegat genoem. Die bakker het hulle sommer ou bakgat genoem. Die
assuransie-agent moes baie rondreis en het sodoende sy gat eenmaal 'n
maand gesien. Eenmaal het 'n bottel brandewyn in die kroegman se gat
gebreek en almal wou toe net sy gat uitlek.

Buite die dorp was die lokasie met die een swart gat op die ander. Na 'n
groot vulkaniese uitbarsting het die dorpie opgehou om te bestaan, want
al die inwoners het net lelik gat skoon gemaak want nie een kon sy eie
gat red nie.
Vorige onderwerp: Blondes in New SA
Volgende onderwerp: Re: Weird?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 20:06:10 MGT 2024