Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Sakkie
Sakkie [boodskap #120355] Wo, 20 Februarie 2002 17:12
Johann Snyman  is tans af-lyn  Johann Snyman
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Liewe pa en ma
Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die voortrekkerkamp vir
julle skryf, net ingeval julle die vloed op TV gesien het en bekommerd
is oor ons. Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het
weggespoel. Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die
berg besig om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se
ma hy is OK. Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een
van daai redding-helikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in
die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie. Verkenner
Skroewie het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan rondgeloop het sonder om
vir iemand te sê. Piet sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die
vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een
van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout wou
nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het.
Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.

Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die
ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is.
Hy sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek, dis seker
hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie om
as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo-op die dak of voorop
ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa laat ry
totdat die polisie ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is 'n
goeie ou en 'n goeie drywer. Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer
hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot
vragmotors wat boomstompe wegry.
Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie
laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe gee
hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party plekke is
die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water! En Verkenner
Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander een verlede jaar
nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom nie veel pla nie.
Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe
Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner
Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk. Ek en
Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot
hoender wat ons gister geet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek
geword van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want
hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Wat is 'n pedofiel?
Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos en
vaseline te koop. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK. Baai
Sakkie


--

QUIPd 1.02: (79 of 428)
-> There are two rules for success in life:
-> 1. Do not tell people everything you know.
Linux:
7:12pm up 16 days, 14:52, 2 users, load average: 1.16, 1.22, 1.09
Vorige onderwerp: dis regte afrikaans!
Volgende onderwerp: Ophou rook
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:27:14 MGT 2024