Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 43 jaar oue onderwyser verkrag leerling van 15, 52 soortgelyke gevalle ondersoek
43 jaar oue onderwyser verkrag leerling van 15, 52 soortgelyke gevalle ondersoek [boodskap #120062] Wo, 25 Januarie 2012 13:14
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Onnie vas oor verkragting op skoolgronde
2012-01-25 14:30

Welkom 'n Onderwyser is tot 16 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy
verlede jaar 'n minderjarige meisie op 'n skoolterrein verkrag het,
het OFM berig.

Bruiser Gaseitsioe (43) van Welkom is gevonnis nadat hy die 15-jarige
meisie van die Lephola- sekondêre skool tydens klastyd in 'n
musiekstoor seksueel aangerand het.

Die meisie het die onderwyser gaan sien oor 'n lêer wat sy wou hê. Sy
is toe in die proses aangerand.

Dit het onlangs bekend geword dat 52 sake van seksuele misdrywe deur
onderwysers sedert Maart 2010 landwyd aangemeld is, het die
radiostasie berig.

Altesaam 15 onderwysers is ontslaan, terwyl verskeie ondersoeke nog
sloer.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Onnie-vas-oor-v erkragting-op-skoolgronde-20120125
Vorige onderwerp: Aanhoudende plaasaanvalle - Gerespekteerde boer vermoor
Volgende onderwerp: Voortgesette Plaasaanvalle - Bejaarde man (77) vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:20:24 MGT 2024