Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Aanhoudende plaasaanvalle - Gerespekteerde boer vermoor
Aanhoudende plaasaanvalle - Gerespekteerde boer vermoor [boodskap #120061] Wo, 25 Januarie 2012 07:53
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gesiene in landbou op sy plaas vermoor
2012-01-23 22:33

Marietie Louw-Carstens
'n Boer en bekende in landboukringe is gisteroggend koelbloedig op sy
wildplaas buite Roos­senekal in Limpopo doodgeskiet.

Nadat mnr. Francois du Toit (38) geskiet is, het die aanvallers sy
vrou, Eunice, en hul twee jong kinders met kabelbinders vasgebind.

Du Toit was 'n voedingskundige by Alzu Voere in Middelburg,
Mpumalanga.

Hy en sy gesin het op die wildplaas sowat 30?km buite Roos­senekal
gewoon. Sy ouers woon in 'n ander huis op die plaas. Pa en seun het
saam geboer.

Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het
gisteroggend ná 01:00 iets buite die huis gehoor.

Hy het opgestaan om 'n pistool uit 'n kluis te haal.

Drie aanvallers het intussen in die huis ingekom. Dit is nog
onduidelik presies waar en hoe hulle ingekom het.

Du Toit is in die maag geskiet.

Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie mans. Nie een van
hulle is gewond nie.

Du Toit is daarna nog 'n keer agter die oor geskiet.

Die aanvallers het toe me. Du Toit, die egpaar se seun, Francois (12),
en dogter, Stephanie (9), na 'n lapa buite die huis gevat.

Hul hande en voete is met kabelbinders vasgebind.

Die aanvallers het twee gewere, twee pistole, geld en selfone uit die
huis gesteel.

Hulle het toe in Du Toit se twee Nissan Navaras gevlug. Die swaar
gewonde mnr. Du Toit het toe nog gelewe.

Nadat hulle weg is, het me. Du Toit, terwyl sy vasgebind was, op die
grond aangeskuifel tot waar sy 'n skerp voorwerp kon kry om haar los
te sny.

Sy het die bure oor die tweerigtingradio ontbied.

Mnr. James Language was
van die boere wat eerste opgedaag het. Die bure het mnr. Du Toit in 'n
voertuig probeer kry, maar hy is in hul arms dood, het 'n vriend
gesê.

Language wou gister nie uitwei oor wat gebeur het nie.
'n Vriend van Du Toit wat nie genoem wil word nie, het gesê hy was
baie betrokke by sy medemens. "Hy was 'n goeie, goeie mens. 'n Leier-
boer," het die man gesê.
Du Toit was veral bekend onder lede van die Melkprodusente-organisasie
(MPO).

"Wat gebeur het, is verskriklik en baie hartseer," het 'n boer wat
daar naby boer gesê.
Volgens Otto het die aanvallers een van die Navaras op die plaas
gelos.

Die ander voertuig is 'n ent van die plaas gekry. Dit is nie duidelik
of hulle toe te voet gevlug en of makkers hulle opgelaai het nie.
Die polisie en boere het die gebied gister gefynkam.

Die Du Toit-familie was gister te geskok om met Beeld te praat.
Niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Gesiene-in-landbou-op- sy-plaas-vermoor-20120123
Vorige onderwerp: 62-jarige se keel met 'n lemmetjie gesny
Volgende onderwerp: 43 jaar oue onderwyser verkrag leerling van 15, 52 soortgelyke gevalle ondersoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:26:26 MGT 2024