Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Deurlopende plaasaanvalle
Deurlopende plaasaanvalle [boodskap #119984] Ma, 13 Junie 2011 18:24
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Vrou op plaas buite George doodgesteek
2011-06-13 19:11

===

Johannesburg 'n Vrou se lyk is Maandag in die huis wat sy op die
Laer Hoogekraal-plaas in Glentana naby George gehuur het gevind, het
polisie in die Suid-Kaap gesê.

Volgens kapt. Malcolm Pojie het die eienaars van die huis die lyk van
die 59-jarige Martie Grobler om 08:00 in die kamer gevind.

Haar lyk het verskeie steekwonde gehad.

"Die motief is nog onbekend. Die moontlikheid dat die slagoffer se
selfoon tydens die voorval gesteel is, maak deel uit van die
ondersoek. Ons kyk na alle moontlikhede," het hy gesê.

Grobler is Vrydagaand laas deur die eienaars van die plaas gesien, het
Pojie gesê.

Hulle is in kennis gestel deur vriende in Grobler se saamry-klub toe
sy nie Maandagoggend opgedaag het om hulle op te laai vir werk nie.

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-op-plaas-b uite-George-doodgesteek-20110613
Vorige onderwerp: (60) Woman's throat cut, (64) Husband killed with axe
Volgende onderwerp: Regter: Lindley-moorde 'wreed, barbaars'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:00:56 MGT 2024