Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld' [boodskap #119938] Do, 05 Mei 2011 07:25
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ah shame Vavi, hoe langer julle aan bewind is hoe meer gaan dinge
agteruit.
Word wakker en neem verantwoordelikheid
=================================

'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
2011-05-04 15:09

Johannesburg Zwelinzima Vavi, Cosatu-hoofsekretaris, het Woensdag
gesê kolonialisme, apartheid en internasionale mynhuise is
verantwoordelik vir reeksmoordenaars.

Vavi het 'n toespraak gelewer by die onthulling van 'n gedenksteen vir
die slagoffers van die suikerriet-reeksmoordenaar, Thozamile Taki, in
KwaZulu-Natal.

Taki het 13 vroue vermoor en hul lyke in suikerrietplantasies gegooi.

Suid-Afrika se geskiedenis het vatbare toestande vir 'n groot aantal
reeksverkragters en -moordenaars geskep, het Vavi gesê.

Hy het gesê die probleem is gewortel in die land se koloniale en
apartheidgeskiedenis weens die wrede en immorele stelsel wat
gewetenloos deur geweld toegepas is.
Vorige onderwerp: Boere verlaat SA in hordes
Volgende onderwerp: '90% van die plase oorgedra was onsuksesvol'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 22:07:20 MGT 2024