Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Boere verlaat SA in hordes
Boere verlaat SA in hordes [boodskap #119900] Ma, 04 April 2011 11:50
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johannesburg – Kommersiële boere verlaat Suid-Afrika in hul hordes,
het The Times Maandag berig.

Boere verlaat die land weens ondraaglike werkstoestande vir buurstate
soos Malawi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.

In 1994 was daar 120 000 kommersiële boere in Suid-Afrika en net 37
000 het oorgebly. Dit het daartoe aanleiding gegee dat Suid-Afrika
sommige van die kos wat hy in die verlede self vervaardig het, nou
moet invoer, het dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, gesê.

Die land het nou begin grane soos koring invoer. Die land sal nou ook
dalk vleis en vee, wat al hoe minder in die land vervaardig word, moet
invoer.

Boere het ondermeer die nuwe wette, duur water, elektrisiteit en ander
benodighede, aangewys as redes hoekom boerdery in Suid-Afrika al hoe
meer onvolhoubaar word.

Mthobeli Mxotwa, woordvoerder van Gugile Nkwinti, minister van
landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gesê die konsepwet op
verblyfreg is daarop gemik om "wreedheid teenoor plaaswerkers te
stop".

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Boere-verlaat-S A-in-hordes-20110404
Vorige onderwerp: Snelweg-ligte af want Gauteng betaal nie
Volgende onderwerp: 'Moordenaars, verkragters apartheid se skuld'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:20:13 MGT 2024