Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Boskamp vir Jong mense.
Boskamp vir Jong mense. [boodskap #119880] Vr, 11 Februarie 2011 15:22
Carmen Michelle Sonne  is tans af-lyn  Carmen Michelle Sonne
Boodskappe: 2
Geregistreer: Februarie 2011
Karma: 0
Junior Lid
Ja, daar is baie sulke jeugkampe en goetes. En almal sukkel maar om 'n
paar sente te maak. En die politiek maak almal sommer die joos in. En
hoe weet ek my kind gaan veilig wees. Wie is in elke geval hierdie
sonnenberg vroumens? Nog iemand op die "bandwagon".

Darem nie heeltemal nie. Ek is al 30 jaar in toerisme en 20 jaar 'n
opgeleide gids en pas ouma geword.
En neem al jare oorsese se mense op toer deur ons land. Ons vergeet
baie keer van ons eie mense. Nie ek nie.
Was pas met 'n oulike klomp mense Wilderness toe vir Kersfees. Dit was
'n fees en 'n half.

Wat leer die kinders dan??? Bietjie meer as die gewone.. Hoe om seep
te maak van doring bossies. Weet kinders ooit van 'n bobejaan stert
plant wat in die berge groei en dat die oumense dit gebruik het om 'n
lig te maak. Hulle het dit aan die brand gesteek om die omgewing te
belig.

Kom ek neem julle almal saam om 'n bietje meer van die bos te leer.
Besoek my googlegroep: carmensbushcampsafaris.
laat hoor van julle.
Vorige onderwerp: Grensbeheer en so meer
Volgende onderwerp: Winter Vakansie.....2011 Carmen's Bushcamp Safaris.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 18:27:02 MGT 2024