Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Polisie = skaapdiewe
Polisie = skaapdiewe [boodskap #119874] Di, 01 Februarie 2011 13:07 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Polisie steel glo skape met vangwa
2011-02-01 14:05

Buks Viljoen

Twee polisiemanne van Standerton in Mpumalanga het Dinsdagoggend in
die hof in die dorp verskyn nadat hulle gisternag in hegtenis geneem
is vir die diefstal van skape.

Die twee polisiemanne het glo sowat 'n week gelede nie minder nie as
58 lewende skape by 'n boer buite die dorp gesteel.

Hulle het na bewering die skape met 'n polisievangwa na 'n woonbuurt
naby die dorp aangery en dit glo daar verkoop. Die twee se skaaplus
het aan die lig gekom toe 'n informant die polisie vertel het hoe die
twee middernagtelik skape in Sakhile afgelaai het.

Die polisie kon nie al die skape terugkry nie.

Die twee bly in aanhouding en sal volgende week weer in die hof
verskyn.

'n Joernalis van Cosmosnuus, 'n gemeenskapskoerant in Standerton, wat
foto's van die verdagtes by die hof wou neem, is erg deur die twee
polisiemanne se kollegas geïntimideer.

Hulle het die fotograaf 'n ruk lank in die hof "gyselaar" gehou en
gesê hy mag nie die gebou verlaat voordat die twee verdagtes weg is
nie.
Re: Polisie = skaapdiewe [boodskap #119875 is 'n antwoord op boodskap #119874] Di, 01 Februarie 2011 13:09 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 01 Feb 2011 15:07:34 +0200, Dave wrote:

>
> Polisie steel glo skape met vangwa
> 2011-02-01 14:05
>
> Buks Viljoen
>
> Twee polisiemanne van Standerton in Mpumalanga het Dinsdagoggend in
> die hof in die dorp verskyn nadat hulle gisternag in hegtenis geneem
> is vir die diefstal van skape.
>
> Die twee polisiemanne het glo sowat 'n week gelede nie minder nie as
> 58 lewende skape by 'n boer buite die dorp gesteel.
>

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisie-steel-glo-skap e-met-vangwa-20110201
Vorige onderwerp: Wat het geword van diè sake?
Volgende onderwerp: Re: This video will shock South African people
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:34:38 MGT 2024