Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moenie Engels só aan skole opdwing nie
Moenie Engels só aan skole opdwing nie [boodskap #119853] Ma, 06 Desember 2010 10:51
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
============================================================
Die oorskakeling van enkelmedium na pararallelmedium is dikwels net
die eerste stap na algehele verengelsing. Van die 1 396 Afrikaanse
enkelmedium-skole in 1993 was daar verlede jaar net 667 Afrikaanse
skole oor.
============================================================

Moenie Engels só aan skole opdwing nie
2010-11-29 23:00

Afrikaanse enkelmedium-skole in dele van Pretoria behoort bedag te
wees op die poging om hul te transformeer tot parallelmedium-skole.

In ’n interne memorandum vra ’n direkteur van ’n onderwysdistrik in
Pretoria ’n mandaat van die Gautengse onderwysdepartement om sekere
Afrikaanse enkelmedium-skole in parallelmediumskole te verander.

Onder die hoërskole tel skole soos Centurion, Die Wilgers, Eldoraigne,
Menlopark, Garsfontein, Waterkloof en Zwartkop.

Die oorskakeling van enkelmedium na pararallelmedium is dikwels net
die eerste stap na algehele verengelsing. Van die 1 396 Afrikaanse
enkelmedium-skole in 1993 was daar verlede jaar net 667 Afrikaanse
skole oor.

Saam met die verengelsing van universiteite is dit die grootste
gevaarlig vir die toekoms van Afrikaans.

Mnr. Joe Mokhosi, opsteller van die memorandum, het gesê daar is groot
druk op Engelse skole in die distrik en dit gaan volgende jaar
vererger.

Hy verwag nou van die Afrikaanse skole om Engelse klasse aan te bied
om plek te maak vir kinders wat nog nie geholpe is nie. Die skole is
volgens hom welvarende skole wat geld kan insamel om bykomende
onderwysers aan te stel waar nodig is.

Dit is verregaande van Mokhosi om in dié laat stadium te verwag dat
Afrikaanse skole op eie koste klasse in Engels moet aanbied.

Die probleem van te min plek vir Engelse kinders in skole in Pretoria
kom al van so lank as vyf jaar gelede.

Mense soos Mokhosi wil die probleem nou oorgee aan Afrikaanse skole.
Dis ’n gerieflike uitweg vir hom.

Intussen is daar skole in Mamelodi wat letterlik leeg staan. Ouers het
hul kinders na ander skole gestuur omdat hulle ordentlike onderrig vir
hul kinders wou kry.

Hoewel die Gautengse onderwysdepartement sê die memorandum is nie ’n
amptelike dokument nie, behoort die geteikende skole hulle voor te
berei dat die kwessie weer en weer by hulle gaan draai.

http://www.beeld.com/Opinie/HoofArtikels/Moenie-Engels-so-aa n-skole-opdwing-nie-20101129
Vorige onderwerp: Boer eis duisende van staat ná aanval
Volgende onderwerp: Twee in hof oor liggaamsdele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 04:56:32 MGT 2024