Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Afrikaans mag nie verdwyn op universiteit
Afrikaans mag nie verdwyn op universiteit [boodskap #119458] Di, 30 Maart 2010 19:18
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-03-28 22:09

Afrikaans is nie op die punt om uit te sterf nie, maar
Afrikaanssprekendes kan gerus die digter Breyten Breytenbach se
waarskuwing oor die taal ter harte neem.

Geen kleiner taal is in die vinnig veranderende en toenemend
globaliserende wêreld 100% veilig nie.

Afrikaans het die verdere nadeel dat hy nie deur die ANC-regering as
een van ons inheemse bates beskou word nie.

Afrikaans se hedendaagse prestasie as inheemse Afrika-taal is
ongeëwenaard op die vasteland.

Dit het tot ’n kuns- en wetenskapstaal ontwikkel waarin werke van
wêreldgehalte geskryf kan word.

As algemene spreektaal in al sy verskillende variante is Afrikaans
waarskynlik so gesond soos selde tevore.

Duisende stroom na Afrikaanse kunstefeeste en populêre Afrikaanse
musiek en boeke bloei.

Die probleem is nie op straat of in die kombuis – waar die
verskillende soorte Afrikaans soos kosbare kleinode bewaar moet word
nie.

Dis by wat genoem word die hoër funksies van taal: aan universiteite,
in howe, hospitale, skole en in die regering.

Weliswaar het Afrikaans sy hoër funksies onder ’n NP-regering tydens
apartheid verwerf. Kan dit teen ’n taal gehou word?

Meer as die helfte van Afrikaans se sprekers is bruin.

Hoe drasties Afrikaans se verlies was, blyk uit Afrikaanse onderrig op
skool en universiteit.

Afrikaans-enkelmediumskole het van 1 396 in 1993 tot 667 in 2010
afgeneem.

Is daar nog enige ingenieur, dokter, veearts of wetenskaplike wat hul
graad van die eerste tot die finale jaar in Afrikaans voltooi?

Met Engels se stewige houvas as internasionale en akademiese taal is
groter tale soos Nederlands en Duits ook hieroor bekommerd.

Afrikaanssprekendes kan nie toelaat dat Afrikaans sy posisie as
akademiese taal prysgee nie.

Dit sal tot die skande van die huidige geslag besluitnemers wees as
Afrikaans oor tien jaar ’n vergete taal op universiteit is.

Oorsprong:Beeld
( http://tinyurl.com/yhj2skg )
Vorige onderwerp: Chaos by UJ oor gratis opvoeding
Volgende onderwerp: 'Sluit Afrikaanse skole' sê Cosas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:05:40 MGT 2024