Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Skoksyfers oor vigs in skole
Skoksyfers oor vigs in skole [boodskap #119330] Do, 25 Februarie 2010 19:05
ikke  is tans af-lyn  ikke
Boodskappe: 33
Geregistreer: Augustus 2009
Karma: 0
Volle Lid
Alet Rademeyer

PRETORIA. - Meer as een uit tien leerlinge en onderwysers in Suid-Afrika het
vigs onder lede. Algeheel het sowat 1,8 miljoen skoliere en 51 745
onderwysers MIV/vigs.

Di� skoksyfers is gister op 'n werksessie van die Afrikaner Burgerlike
Netwerk (ABN) in Pretoria bekend gemaak waar kundiges oor onderwerpe oor
demografie gepraat het.

Die ABN is besig met scenario-beplanning vir moontlike toekomspaaie vir die
land na aanleiding van die Dinokeng-scenario's wat verlede Junie gepubliseer
is en waar die hoofprobleem in die land uitgewys is as 'n kombinasie van die
ondoeltreffende staat en 'n onbetrokke burgerlike samelewing.

Die ABN verteenwoordig 'n wye verskeidenheid Afrikaanse organisasies.

Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie
(SAOU), het met verwysing na gehalte, kundigheid en vaardigheid in die
onderwysstelsel ges� wanneer oor toekomsbeplanning gepraat word, kan die
impak van MIV/vigs nie buite rekening gelaat word nie.

Klopper s� volgens die jongste statisitieke het sowat 13,9% van die
onderwyserkorps MIV/vigs. Dit verteenwoordig 51 745 uit 'n totaal van 372
000 onderwysers.

Die infeksie onder leerlinge staan op 14,52%, met 1,8 miljoen uit die 12,4
miljoen leerlinge in die land wat MIV/vigs het, het hy ges�.

In die ho�ronderwyssektor het 7,10% van alle personeel aan universiteite
MIV/vigs, wat neerkom op 7 714 uit die totaal van 108 687.

Van die totale akademiese personeel van 41 383 by universiteite, het 1 968
(4,76%) die siekte, het Klopper ges�.

Die infeksiekoers onder studente is ook ho�r op 91 892 uit sowat 750 000.

- Klopper het gepraat oor tegniese en tegnologiese opleiding in die land en
ges� die ou tegniese kolleges wat deesdae kolleges vir voortgesette onderwys
en opleiding (VOO) is, het 'n dramatiese inploffing gehad en is geheel en al
disfunksioneel.

Die deelname aan ho�r onderwys is vir die hele bevolking sowat 16%. Wat die
onderskeie rasgroepe betref, is dit 12% vir swartes en bruines, 43% vir
Indi�rs en 54% vir wittes. In 2008 was daar altesame 90 758 wit
Afrikaanssprekende studente uit 'n totaal van sowat 799 490 studente aan
universiteite.

Die inskrywingsgetalle van wit studente het van 38% in 1995 tot 32% in 2003
afgeneem en by voormalige technikons van 41% in 1995 tot 14% in 2003. " 'n
Krisis ten opsigte van tegnici Suid-Afrika in die gesig."

- Klopper het ook verwys na die groeiende krisis rondom Afrikaanse
onderwysers. Verlede jaar was daar 7 270 voorgraadse onderwysstudente aan
die tradisioneel Afrikaanse universiteite. Hiervan is 4 694 Afrikaans en 2
576 Engels. Die prentjie lyk baie anders by nagraadse studie waar van die 19
189 onderwysstudente net 3 274 Afrikaans en 15 915 Engels is.

- Prof. Flip Smit, demograaf en oudrektor van die Universiteit van Pretoria
(UP), het 'n internasionale perspektief op die land se demografie gelewer en
gevaarligte uitgewys soos 'n bevolking van meer as 14 miljoen wat op
welsyntoelae leef, terwyl net 5,3 miljoen belastingbetalers is.
"Maatskaplike welsyn het s� groot geword dat mense na dorpe en stede stroom
en glo hulle hoef nie meer te werk nie."

Hy het ges� daar is 'n nuwe polarisasie in die land op grond van die
verskille tussen ryk en arm. "Die werklikheid is dit gaan nie help om die
veiligheidsmure in stedelike gebiede net ho�r te maak om van die
plakkerskampe weg te kom nie.

"Daarbenewens beleef die onderwysstelsel baie groot terugslae en word die
jeug nie opgelei nie weens vervalle kolleges."

Smit het ges� Suid-Afrika het sedert die 1930's die eerste keer meer as 600
000 arm blankes. "Daar sal indringend gekyk moet word na opheffingswerk
onder di� mense."

- Volksblad
Vorige onderwerp: Kan julle 'n plek aanbeveel
Volgende onderwerp: Chaos by UJ oor gratis opvoeding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 04:44:49 MGT 2024